Posted on Leave a comment

Ma van die jaar

Die ander dag gaan ek op sosiale media, op Bakkiesboek aka Facebook en sien die memories wat gedeel was van 3 jaar gelede. Nou dit was ‘n gesprek met my seun. Toe 10 jaar oud. Die wat vir Franco ken sal weet dat hy versot is op feite en dat ons huis vol verskeie tipe feite boeke is.

Nie te min, ek kan nie meer lekker die presiese gesprek onthou nie. Ek dink amper hy het randomly iets gesê in die lyn van “Wie is die beste mamma in die wêreld?”

Breëbors sit ek en luister en wag om die Ma van die jaar toekenning by my 10 jarige seun te kry. Gou was my drome aan skerwe. Die antwoord op sy vraag? “‘n Seekat. Want sy pas haar eiers vir 52 maande op.”

Ek kon nie help om te lag nie en giggel steeds toe ek herinner was aan die random facts wat ons gereeld leer by Franco! Never a dull moment in die Potgieter woning!

And the Mom of the year award goes to….Mamma Seekat!!!

https://www.beroepsvrou.co.za/2022/09/29/mom-of-the-year/
Posted on Leave a comment

Net nog ‘n jaar… of nie!

So nie almal het die voorreg en geleentheid om te kan blog oor hul spesiale dag nie. Die spesiale dag? Ons huweliksherdenking natuurlik! Laas jaar was die eerste jaar wat ek kon blog oor ons groot dag en ek het nogals gedink, mmmm…ek gaan nie WEER hieroor kan blog nie!

Wel, ek was verkeerd. Jy sien, dis nie ‘n Same old, same old, Happy Anniversary, I will choose you a thousand times over, love you to the moon and back standaard dag nie. Vir my is elke liewe jaar wat ons saam gespaar is, ‘n absolute wonderwerk uit God se hand uit.

Hierdie jaar se herdenking gaan wel anders wees – ons is heeldag op die pad na ‘n vakansie bestemming toe. Dis skoolvakansie en ek kan nie onthou wanneer laas ons in ‘n skoolvakansie gedurende die jaar see toe was nie. Desembers tel nie, want dit was amper die norm vir so baie jare van ons huwelik.

Nou ja, nie te min. Ek wil net so bietjie meer deel met die wêreld oor my man Heinrich. Die een vir wie ek gebid het. Jy sien, ek was nie baie spesifiek met God oor my vereistes nie. Daar was net twee goed wat my gepla het toe ek baie jonk was (en toe ek glad nie geweet het HOE om te bid nie, in my opinie as ek nou terug kyk, maar nie te min).

Die eerste vereiste was – my man moet langer as ek wees. So check die Here het daai een uitgesorteer vir my. Die tweede vereiste was – my man moes ‘n broek grootte dra wat groter is as myne. Nou ja, jy kan maar lag. Maar op ‘n stadium, toe ek nog jonk en maer was, het daar kort en nog maerder outjies in my belang gestel. Niks het my meer afgesit om te dink ek moet met ‘n ou uitgaan of trou wat se broek nommer ‘n 32 is terwyl ek ‘n 34 was op daardie stadium nie.

Simpel, ek weet! Maar dit was letterlik al vereistes. En ek dink dis ook maar goed so dat ek nie nog ‘n langer lys van vereistes vir God gegee het nie. Want ek dink nie ek sou dit so raak gekies het soos wat God my man vir my gekies het nie. Na 16 jaar van getroude lewe, kan ek eerlik sê dat ons nog nader aan mekaar is as wat ons was toe ons getrou het. Dis mos hoe dit moet wees, is dit nie?

Ons verstaan mekaar beter en ek reken ons bring die beste in mekaar uit meeste van die keer. Daar is die odd geleentheid waar ons vassit oor wat voel soos niks, maar, dis ook nodig en deel van die proses. Belangrikste van alles is, ons dien saam vir God! Op ons eie maniere wat vir ons persoonlikhede werk, en ons vertrou absoluut op die Here in alles wat ons doen.

Hy laat my lag, het die snaakste sin vir humor (wat ook op my afgevryf het en seker eintlik maar altyd daar was en gewag het om ontgin te word in die regte omstandighede), hy verstaan my, hanteer my met respek, kalmeer my wanneer dit nodig is, ondersteun my, vertrou my en is lief vir my.

Soos ek gesê het, beter raak kies kon ek nie. Dis absoluut uit die Here se hand dat ons mekaar gevind het, wat voel soos ‘n leeftyd gelede. Ek gaan deur Facebook se foto’s wat ek oor die jare opgelaai het. Dit was nogal lekker om te sien en te onthou van elke foto se neem en situasie waar ons was. Ek het natuurlik als afgelaai en probeer ‘n slideshow maak. Tot my grootste frustrasie sukkel ek so bietjie. So ek hoop maar die slideshow sien die lig! Maar in die tussen tyd moet die day job se werk klaar, want ons gaan met vakansie!

Dit voel so relevant om hoogte punte (en so paar laagte punte) te noem in ons getroude lewe saam. In die 16 jaar van getroud wees het ons slegs ingetrek in die huis waarin ons nou bly (ja, ons het nog nie daai sakke sout opgeëet van huis oppak en trek nie en weet nie of en wanneer dit ooit gaan gebeur nie). Ons het twee kinders, een buisswangerskap, een miskraam, ongelooflik baie worshonde, een pappegaai, nog ‘n hele rits hamsters en ‘n Pekingese saam beleef.

Ons was al saam in ‘n tydskrif – maar dit was voor ons getroud was, so dit tel seker nie? Dit was wel net die Accountancy SA so geen verskriklike sirkulasie en publikasie van ons twee nie! Saam het ons die day job se besigheid begin, ook voor ons getroud was… gedurende ons huwelik het daar ‘n blog ontstaan wat so kykie vir die wêreld gee op ons lewens, ons het ‘n Radio onderhoud beleef met ‘n blaps in hoe ek die lesers groet eerder as luisteraars, en waaroor ons nou gereeld lag (hy het natuurlik in diepte geluister en gehoor hoe ek die fout maak en kon my nie reghelp nie).

Ons het ‘n Pandemie oorleef, maskers dra en saniteer tot in lengte van dae. Daar was swaar tye, lekker lag tye, goeie tye, beter tye en gewone net oor tick tye. Maar in al hierdie tye was die Here daar. Het Hy na ons gekyk, ons versorg, beskerm. Soveel besluite en dom dinge wat ons wou doen en gedink het goed was, was gekeer gewees deur die Here en as ons later terug kyk, kan ons net in verbasing en dankbaarheid die Here loof vir Sy getrouheid!

Heinrich – ek dra hierdie stuk, en elke volgende jaar se stuk wat ek gaan skryf op ons huweliksherdenking op aan jou en ons lewens saam. Ek dank die Here elke liewe dag vir jou, dat Hy jou vir my geleen het vir my tyd hier op aarde. Jy is darem nog langer as ek en ek hoop die broek grootte is nog groter as myne en dat ek nie dikkes geword het oor die jare nie, sodat die ander een van my twee vereistes darem nog op die lys is. (Want, ja, ek is lankal nie meer ‘n 34 broek grootte nie!!!)

Mag die Here jou net nog meer insig, kennis en wysheid gee oor hoe om goed te hanteer. Mag Hy ons net nog nader aan mekaar bring soos wat ons nader aan Hom beweeg. Mag Hy ons nog saam ook gebruik om mense te bereik, op ons eie unieke persoonlikhede se manier! Happy Anniversary, love you to the moon and back, choosing you a thousand times over!

Posted on 2 Comments

Hande in die hare

Dis Donderdagoggend. Ek word wakker met seer op plekke wat ek nie geweet het spiere het nie. Die rede? Death by Cross Fit die dag voor dit. Liewe aarde, ek het nie geweet my arms en als kan so styf wees van ‘n WOD (Work out of the Day) nie. Ek sit spreekwoordelik met my hande in my hare (en dan soms met hare in my hande ook nog).

Nou die hele week, eintlik hele maand al, loop ek met die skrif op die desk pad en is ek nie seker wat ek daaroor wil skryf nie. Maar soos wat die tyd aanstap en dit middel September se kant toe staan, begin ek meer vereenselwig met die teks.

Dit voel of ek kort-kort met ‘n beklemming om my hart sit. Dis 15 September en ek probeer nogsteeds van Augustus se administratiewe take en my eie maandeinde finaliseer en afsluit. Hoekom vat dit so lank die maand? Ek kan net nie my vinger op dit plaas oor hoekom dit net voel of ek vasgehou word en nie vorentoe kan beweeg met my werk nie!

Om alles te kroon, is my aanlyn winkel van Beroepsvrou foutief. Skielik oornag, is die WooCommerce plug in (laat ek nou maar klink soos hierdie ongelooflike slim IT boffin terwyl ek besig is) net weg en nie geinstalleer nie. HOE dit gebeur het weet Vet alleen. Want ek weet nie.

Ek het so ‘n oomblik van paniek, die trane wil-wil my kom verswelg, my opgewondenheid van die afgelope paar dae kom steel en weg vat. Dis amper asof dit vir my wil kom sê dat ek gejok het oor my radio onderhoud. Dis onmoontlik vir iemand om die positiewe altyd in alles te soek.

En regtig, die trials and tribulations waarvan ek gepraat het, hoe hanteer ek dit nou? Loop ek nogsteeds met ‘n lied in my hart? Hoekom is my werk nou nog verder agter as wat dit laas week die tyd was? Net 5 werksdae het verloop sedertdien, ek sit tog elke dag en werk, tog voel dit of ek soos ‘n mal vark rond hardloop en eintlik niks uitgerig kry nie. HOEKOM????

Dan besluit ek om maar net weer die skrif te lees. Filippense 4:6-7 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.

Wees oor niks besorg nie. Kom ons begin daar. Natuurlik is ek besorg oor die tyd wat aanstap teen die spoed van witlig en ek wat werk teen ‘n slakke pas (nie die slak Turbo se spoed nie – ‘n regte egte staaaaaadige slak se pas voel dit). Dan bo op dit, is ek besorg oor my aanlyn winkel. HOEKOM??? Wat nou???? Moet ek alles oordoen??? Terug by my day job – hoe gaan ek die sper datum van 24 Oktober 2022 haal met belastingopgawes wat ingedien moet word?

Daar is so baie om te doen? Ek MOET oefen, dit gaan ek vir seker nie opgee nie. Want ek weet as ek nie gaan oefen nie, gaan ek net soos ‘n vrot vel op die bank lê en niks doen vir daardie uur nie, so ek kan net so wel maar gaan oefen en iets produktiefs doen. Ok Here, dink ek by myself. Ek gaan nou regtig BAIE HARD probeer om NIE BESORG te wees oor alles wat my pla nie. Done. Afgemerk.

Maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. Goed, so die vertel vir my dat ek met die Here moet praat, gebed, wat ek doen, so ek dink ek kan hom afmerk van my lysie af. Smeking die doen ek gereeld, veral met my krisis van die aanlyn winkel. Het jy enige idee hoe lank dit gevat het om die winkel op te stel???????

So ek reken ek kan dit ook van my lysie af merk, want in my gees sit en huil ek. Ek kan nie nou sit en fisies huil nie, in die eerste plek gaan ek moontlik soos ek weet nie wat lyk, met grimering wat op al die verkeerde plekke gaan wees…

In die tweede plek gaan ek net tyd mors in my opinie. Om te huil. Ek het goed wat moet klaar, ek kan nie nog tyd mors om te huil nie. En derdens, ag ek weet eintlik nie eens hoekom ek nie moet huil nie, ek weet net ek moet nie. Dit los my met die laaste gedeelte van die vers – danksegging.

Ek wonder wat het Paulus (dit is mos Paulus wat die brief aan Filippense geskryf het?) met dit bedoel. Ek dink ek moet die Here dank dat Hy my webblad se winkel gaan herstel, dat Hy die tyd gaan laat stil staan en sodat ek net bietjie voor kan kom met my werk en nie soos ‘n mislukking voel nie. So, DANKIE HERE vir dit wat U gaan herstel, reeds herstel het en besig is om te herstel soos wat ek hierdie tik.

En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. Na ek die bostaande paragrawe getik het, voel dit of ek rustiger begin raak. Die bonatuurlike vrede ken ek, ek het dit al BAIE in my lewe ervaar. Veral wanneer ek net ophou om iets self te probeer doen en dit los vir die Here en in Sy bekwame hande. Because let us face it – Hy is ons Skepper en Sy hande staan vir niks verkeerd nie. He is more than capable al probeer ons Hom onbevoeg verklaar deur alles op onsself te neem.

So my hart voel rustiger en my sinne, nou hier neem ek aan dit wat ek praat, want ek verstaan nie andersins wat dit sou wees nie, maar my sinne moet ook vrede kry. Ek moet nou begin praat asof alles reeds herstel is. Goed, ek dink ek het dit. Dankie Here vir die herstel op alle vlakke van goed wat my pla, dat dit sommer in ‘n japtrap uitgesorteer gaan word (Here U ken my druk en sperdatums en ek weet sommer U gaan dit vinnig uitklaar). Ek bid dit in die Naam van Jesus! Amen en Amen!

Ek besluit om maar my fokus te verskuif na wat EK nou moet doen. Ek het iemand wat my kan help met die webblad, hopelik ‘n back up of iets met die winkel herstel. Maar my EDP werk (die belasting besigheid), daar moet ek my boude beweeg en vinniger begin werk. Daar gaan die voëltjies en engele NIE my werk vir my doen NIE. Ek moet daar nogsteeds my kant bring en my deel doen!!

Die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan….eggo die gedeelte van die skrif vers in my gedagtes. Ek begin rustiger voel, ten spyte van al my seer spiere en beklemmings wat ek net nou gevoel het. Ek weet sommer dat alles vinnig uitgesorteer gaan word! God is goed altyd!!

Na ek die inskrywing getik het en weer begin werk het, laat weet die persoon wat my help met die webblad, dat die aanlyn winkel reg is. Al die data is daar. Dis onverklaarbaar oor HOEKOM dit gebeur, maar is blykbaar iets wat gebeur. Ek laat dit daar en dank die Here vir Sy goedheid en guns wat my volg in al my dae!

Hands in the hair
Posted on 4 Comments

Die Radio

Met ‘n knop in my keel, sweet op ongewone plekke en kinderlike opgewondenheid, pak ek die pad Pretoria toe aan. Dis Donderdag 8 September 2022. Ek is genooi vir ‘n in studio radio onderhoud by Radio Kansel in Kilnerpark.

Dit sou eers telefonies gewees het en ek was gemaklik met die idee van ‘n telefoniese onderhoud. Ek het gereken ek kan op my gemak in my kamer wees, en net bid dat daar nie ‘n Hadeda skree reg by my kamer venster nie.

Op kort kennisgewing word dit verander na in studio toe. Reëlings word getref om die kinders na skool te gaan afhaal (deur ‘n wonderlike vriendin wat onbaatsugtig en instinktief geoffer het om uit te help) en die Here laat net alles in plek val sodat ek die wonderlike ervaring kan beleef.

Ek was paranoid dat ek verkeerd gaan praat en heeltyd gaan keel skoonmaak. Nog meer ook oor WAT gevra gaan word. Moet ek voorberei? Moet ek vir hulle vra watter vrae gaan hulle vra? Hoe doen mens dit? Hoe werk dit?

Ek besluit toe om maar nie al my honderd en tien vrae te vra nie en dit net te vat soos dit kom. Al die pad Pretoria toe probeer ek die omroeper se naam onthou. Ek weet dit begin met ‘n Ch maar kan niks verder onthou nie. Is sy naam Christo dalk? Wonder ek by myself.

Ek was so ingedagte dat ek nie stadig genoeg gery het om die draai na die tweede tolhek naby Zambezi nie. Ek laat toe ‘n spoed kamera afgaan…..

Ek kom by die gebou aan, Google maps se aanwysings is darem maar gerieflik is dit nie? Dit vat my tot by die voordeur van die Radio stasie. Ek ry eers om die gebou en parkeer area omdat ek nie die hek kon sien nie. By ontvangs sê ek dat ek ‘n onderhoud met….(en soek toe op my foon die naam) Charles het. Gelukkig het ek nie hom Christo genoem nie.

Charles se gees was so oop en ontvanklik vir dit wat die Here deur my wou sê, dit het sommer, in my opinie, alles makliker en gladder laat verloop. Ek het soos ‘n neut vir hom gevra vir ‘n foto (en het die woord neut in die sin gebruik want, kom ons wees eerlik, mens voel so bietjie oorweldig deur als en die oomblik en praat deurmekaar en gebruik vreemde woorde).

Hy het dadelik ingestem en ons het ‘n foto saam geneem. Die ontvangsdame het een van my alleen ook geneem, en sy het ‘n goeie werk gedoen om die oomblik vas te vang. In die studio beduie Charles (nou moet ek myself heeltyd herinner om die regte naam te tik) hoe alles werk.

Hy verwys na die oorfone, ek dink hy het hulle kanne genoem, maar ek kan nie onthou nie. Hy verduidelik hoe dit werk en dat ek myself sal hoor in die oorfone. Ek vra toe of dit nie weird gaan wees nie? Hy antwoord en sê Ja so bietjie maar ook nie eintlik nie. Mens raak dit maklik en vinnig gewoond.

Hy vertel my dat hy ook maar op sy senuwees was die eerste paar keer dat hy op die radio as omroeper was, so my gevoelens is heel normaal. Hy bied aan om ‘n foto te neem in die studio. As dit nie was vir my ore op my kop nie, sou my glimlag reg rondom my kop gegaan het.

Ek was omtrent in my element! Charles gee ‘n tip voor die tyd – wanneer ek groet, moet ek Charles en luisteraars groet, sodat die gehoor ingesluit voel in die onderhoud. Die rooi lig gaan aan en die onderhoud begin. Charles praat van die blog en lesers en daar gryp my brein die woord lesers eerder as luisteraars aan.

Ek was op my senuwees en groet toe Middag Charles en lesers. In my kop het ek gesê luisteraars. Maar nie te min, die onderhoud gaan voort en die senuwees wat geknaag het verdwyn soos mis voor die son. Ons gesels en lag en ek vergeet ek is in ‘n studio.

Die tyd vlieg verby, ek voel ek wil nog vertel en deel met almal, oor flaminke en hoekom my besigheidskaartjies flaminke op het en hoekom daar Pienk Vere vir die Here op staan. Die onderhoud het egter die essence van die webjoernaal (kom ons gebruik die mooi Afrikaanse woord) vasgevang en waaroor die webjoernaal gaan.

Ek sit nou nog in verwondering oor wat die Here vir my gedoen het met die radio onderhoud. Ek het nie eens GEWEET dit was iets wat ek graag wou doen nie. Hy ken my hartsbegeertes nog voor ek dit geweet en gedink het!

Na die tyd was ek oorweldig met boodskappe van mense na aan my wat geluister het. Sommige spot en sê ek is nou famous en dan lag ek net. Want ek is steeds net ek. Natuurlik as ek ‘n career change moet doen sal ek radio kies!! Ek dink ek sal heeldag en aldag met mense wil gesels en onderhoude voer en hoor waaroor gaan hul lewens en wat die Here vir hulle gedoen het.

Sommige van my kliënte spot en vra of ek nie genoeg werk het nie. Soos wat ek terug ry huis toe, kon ek nie ophou glimlag nie. Ek gesels sommer hardop met die Here en sê vir Hom soooooo baie dankie vir die!!!! Dit was soooooo lekker!!!!!

Soos wat ek afsluit, weet ek net dat die Here groot planne het vir die wat Hom lief het en die wat gehoorsaam is aan Hom. Dit is ook al wat Hy soek – gehoorsaamheid en ‘n intieme verhouding met Hom. Maak dissipels van al die nasies. Dis ons opdrag. Waar ek kan, gesels ek met mense oor Jesus. Vertel ek wat Hy alles vir my gedoen het in ‘n kort tyd. Wat Hy besig is om te doen met Beroepsvrou.

Groot dinge lê nog voor, dit kan ek sommer voel in my gees. Om mense te gaan vertel van Hom en hoekom jy Pienk Vere vir die Here moet hê. En as jy nog wonder oor die Pienk Vere en Flaminke, kontak my dan kom vertel ek sommer vir jou en ‘n klomp mense almal saam. Hoekom dan nou nie?

Goeiemiddag Charles en lesers….eggo my blaps nog deur my gedagtes. Ek grinnik elke keer as ek daar aan dink. Dis God se manier om ons humble te hou. Ons is nie perfek nie. Ten minste het ek nie gesê Christo nie. Dit sou ‘n ramp gewees het!

Charles, ek glo jy gaan die inskrywing lees. Uit die diepte van my hart, so baie dankie dat jy my op my gemak laat voel het en mooi beduie het wat om te doen! Aan Radio Kansel en Jeanine, dankie vir die geleentheid en absolute voorreg om my storie met die luisteraars (nie lesers nie) te kon deel.

Bo alles wil ek net die Here bedank. Dat Hy my hartsbegeertes wat nog nie by my opgekom het nie, kom vervul het! Ek is opgewonde oor wat die toekoms inhou!

The Radio
Posted on Leave a comment

Laat ek jou vertel

Net laas week ry ek in die kar. Ek besluit toe om na Spotify te luister oor die Bloutand (blue tooth) van die kar. Ek is toe sommer lus vir ‘n spesifieke liedjie wat ek toe opsit.

Nou kyk, die eerste keer toe ek die liedjie hoor, my skoonsussie het my aan hom blootgestel, toe dog ek jôh, hy is bietjie wild. Maar, dit groei op mens. Ek besef opnuut ek het iewers ‘n techno rocker binne in my wat wil uitkom.

Soos wat ek sit en jam in die kar, al singende (ja ek is daai een wat weird lyk vir ander bestuurders) dink ek by myself dat dit is OOK hoe ek voel oor Jesus. Ek voel regtig hierdie drang in my om net vir almal te vertel van Hom. En wat ek pretty much doen.

Soos die ou sing in die liedjie Lemme Tellya hammer hy op Jesus en jy kan nie anders as om saam te juig JESUS! JESUS! JESUS! nie. Nou ja, die was net ‘n vinnige feel good post. So ietsie om te luister en net saam op te jam as die geleentheid homself voordoen.

Ek herleef weer die woorde van die liedjie soos wat ek hierdie inskrywing afsluit en dink aan my kop knikkende jamming (daar is maar net nie ‘n lekkerder woord as jamming om te gebruik nie) oomblik in die kar… Lemme tellya ’bout Him, Jesus is His name. And I’m all about Him, I live to bring Him praise. He is the way and the truth and the life, God is three in one. Reigning undefeated, our God has overcome. Jesus (Jesus) Jesus (Jesus) Jesus (Jesus)…..

Let me tell you…
Posted on Leave a comment

Die tolbos

Dis Maandag nag. Die hele huis slaap. Fudge die Pekingese, snork te heerlik op die bed by ons. Ek hoor die horlosie in die sitkamer slaan en tel hoeveel slae ek hoor. Eintlik weet ek dit gaan 12 wees. Dis middernag. Die hamster hardloop vir die eerste span daar in die sitkamer. Ek wonder hoeveel watts se krag wek ‘n hamster in ‘n leeftyd op?

Dis nou Dinsdag en nie meer Maandag nie. My brein voel soos ‘n tolbos wat deur die wind aangedreef word in ‘n rigting. Soos iets waaroor ek nie beheer het nie. Die wind en my gedagtes.

Ek dink aan dit wat voorlê. Voorlopigebelasting. Hoe potensieël op soos ou brood ek die volgende dag gaan wees omdat ek my slaap venstertjie gemis het (weens iets wat onbeplan op my tafel geland het, glad nie met werk uit te waai nie). Ek het die geleentheid om te slaap met ek weet nie hoeveel ure nie gemis.

Hoeveel berekeninge ek nog moet doen voor 31 Augustus 2022? Was dit reg om iemand van my lysie af te haal omdat hulle my vir maande geld skuld en ek net nie hulle in die hande kan kry nie? Is my interpretasie van ‘n voorlopigebelastingbetaler reg? Lees en interpreteer ek die wet reg? Wat gaan ek aantrek na die geleentheid waarheen ek genooi is as gasspreker in November?

Wat moet ek vir die mense sê??? Wie wil nou na my luister? Ek wonder hoe die Adorned kamp gaan verloop? Gaan ek iemand ken daar? Gaan ek saam met ‘n vreemdeling ‘n kamer deel? Hoe gaan ek al my belastingopgawes ingedien kry teen 24 Oktober 2022? Hoekom het ek hierdie beroep gekies??? Hierdie beroep wat my elke tweede dag ‘n Spongebob en Patrick oomblik van paniek laat beleef. As jy wonder waaroor ek praat – gaan soek op Whatsapp onder die gifs Spongebob and Patrick panic en dan lag jy maar lekker saam vir dit wat ek probeer oordra hier.

Ek IS nou beide Spongebob EN Patrick. Of kan ek maar Patrick afstaan aan my man? Hy lyk nie of hy ‘n dag se bekommernis het nie. Ek beny hom en my dogtertjie wat net aan die slaap raak wanneer hul in die bed klim. Hoekom tik ek nou hierdie? Wat gaan ek daardeur bereik? O aarde gaan die 2023 dagboeke regtig mooi lyk? Wat probeer ek eintlik sê met hierdie inskrywing?

So tol en draai die gedagtes deur my brein, presies net soos ‘n tolbos wat deur die wind rondgewaai word. Beheerloos en aan die wind se genade oorgelaat. Ek vat ‘n diep teug asem, maak my oë toe en probeer slaap. Helaas, die slaap ontwyk my. Daar is net te veel verkeer in my brein. Dan vanuit nêrens is dit asof die Here my gedagtes kom orden.

Dit wat ek moet sê en vertel by die geleentheid later die jaar begin vorm aan neem. Natuurlik maak ek net mental notes want dis gans en al te koud om nou op te staan vir ‘n notaboek en pen, of selfs my rekenaar aan te skakel om die konsep vas te lê.

Die onsekerheid oor hoe ek alles werksgewys gaan doen word opsy geskuif. Alles gaan ok wees. Ek gaan betyds met alles klaar kry. Ek moet net my kant bring. As mense my nie wil betaal nie, is ek nie verplig om ‘n diens te lewer nie. Pick ‘n Pay deel nie suiker uit vir mense wat nie wil betaal nie, hoekom moet ons bedryf anders wees?

Ek voel hoe die Moegheid my bekruip. Stadig maar seker, op tippy toes, sagkuns sodat ek nie my in ‘n ander bloedgroep in skrik as ek Moegheid gewaar nie. Met ‘n dankbare hart trek ek die gansdons duvet nog hoër op tot oor my neus, draai op my sy en groet Moegheid met ope arms.

Die Dinsdag, toe ek regmaak vir die dag, vind ek myself ‘n liedjie neurie. Psalm 46 (featuring Chelsey Scott) deur Bifrost Artists. Die koor gedeelte staan uit vir my. Be still…. and know…. that I…. am God. Ek besef net weer, dat dit is wat die Here vir my kom sê het in die middernagtelike ure toe die slaap my ontwyk het….

The tumbleweed
Posted on Leave a comment

Die Barbie oomblik

Hierdie inskrywing is op ‘n ligter noot. En eintlik maar net vir ‘n bietjie humor so op ‘n koue Saterdag! Laas Maandag loop ek deur die huis. Op ‘n mission soos altyd. Reg aangetrek om te gaan Cross Fit.

Iewers toe ek aantrek kyk ek weer vir myself in die spieël en besluit die vetrol wat my so uitput by oefening is te danke aan my melkkoffie (en beskuit) inname – seker meer die koffie as die beskuit reken ek want ek probeer regtig NIE elke dag beskuit eet nie. Maar toe my oefen klere aan is, toe lyk dit nie te sleg nie, as ek nou myself kan like en komplementeer.

Nie te min, ek stap kombuis toe om my koelsakkie met Herbalife produkte te laai – CR7 vir die seer spiere en Protein shake om die spiere wat mikroskopiese skeurtjies kry te help met herstel. Ja, dis blykbaar wat gebeur as jy oefen. Jy skeur jou spiere. So DIS seker deel van hoekom dit styf en seer is?

Saam met nog iets wat ek nou vervlaks nie uit my matriek Biologie kan onthou nie. Iets soos anaerobiese respirasie. Ja ek dink dis die term. Waar was ek? O ja, oppad kombuis toe. Ek loop verby my seun (13 jaar oud). Ons glimlag vir mekaar en hy sê “Mamma, jy lyk soos ‘n Barbie!”

Vir ‘n vlietende vlugtige oomblik klop my hart breëbors hier binne my. Ek dink by myself – die oefening WERK!! Ek het my net verbeel dat ek ‘n koffie en beskuit magie het!!! En net so vinnig as wat ek hierdie oomblik beleef het, word hy gebars.

Soos ‘n ballon wat op dorings val verbrokkel my oomblik wat ek beleef het. My seun praat verder, hy sê “Mamma, die goed op jou oë laat jou soos ‘n Barbie lyk! Wat is dit op jou oë?” Oh my WORD!!!!! Dis toe al die tyd my GRIMERING wat vir hom soos ‘n Barbie lyk en letterlik NIKS ANDERS NIE! Ek het daardie dag ‘n afspraak met ‘n kliënt gehad en toe meer grimering as normaal aangewend vir daardie doel.

Nou ja toe, ek het ‘n Barbie oomblik beleef die week. Was nice while it lasted maar ek reken ek moet maar nog so bietjie core oefeninge doen om die beskuit en koffie magie weg te kry. ‘n Six pack sien ek nie voor kans nie, want dit begin in die kombuis hoor ek die slim mense praat. En ek hou maar te veel van lekker kos om ‘n Barbie lyf en six pack te kan hê.

Ek weet in regte lewe is Barbie se proporsie glad nie so goed uiteengesit soos die speelding nie, maar dis nou glad nie waarna ek kyk as ek dink aan ‘n Barbie nie….ek dink aan al die klere wat net pas wat sy aantrek en natuurlik, die perfekte grimering wat saam met dit gaan. En hare. Moet nie die hare vergeet nie!

The Barbie moment
Posted on Leave a comment

Die Lewensredder

Soos wat ek hier sit en hierdie inskrywing tik, voel ek deurmekaar gewaai en dit voel amper of die Augustus winde van ‘n dag of wat gelede bygedra het tot die gevoel. Vir die wat nie weet nie – Augustus is ook een van ons besige tye. Minder besig as Februarie, maar ook ‘n kritiese tyd van tonne goed wat moet klaar met beperkte ure in die dag. Speed dating wat belasting aanbetref.

My deskpad se bladsye raak nou min. Daar is net 4 oor en as ek weer sien gaan ek Augustus se bladsy ook afskeur en dan is daar net 3 maande van die jaar oor. WAAR HET DIE TYD HEEN GEGAAN??? Waar het 2022 heen verdwyn? In my kop is ek nog vasgevang in Maart iewers.

Nie te min, die bladsy vir Augustus is vol geskribbel met ekstra Wiskunde klasse en tye, oefen tye vir my, oefeninge vir die kinders by die skool en dan hope nota’s aan die kant van die bladsy wat kompeteer met die prag van die flaminke in die agtergrond.

Weereens verbaas dit my nie dat die maand se skrif so van toepassing is nie. Jy sien, toe ek die skrif laas jaar gekies het, het ek letterlik 12 verse wat vir my uitgestaan het geneem en in orde soos wat ek dit ontvang het gaan allokeer teenoor ‘n maand. Daar is mos nie ‘n MANIER dat ek nou kon weet dat die maand se skrif vir my so pertinent sal uitstaan nie.

Sjoe – dis ‘n GROOT WOORD! Pertinent. Goed, daar raak ek alweer side tracked. Iets wat vir my voel gereeld gebeur. Amper soos Dory in Finding Nemo. Ek is besig om te werk aan iets, gaan soek iets op die netwerk, dan onthou ek van ‘n e-pos wat ek moes stuur vir ‘n kliënt, dan stuur ek die e-pos en dan het ek heeltemal vergeet waarmee ek besig was!

Toe ek vanoggend dink aan die skrif en wat ek wil skryf kom Life Guard by my op. Ek moes mooi gaan dink wat die Afrikaans is vir Life Guard. Dis vir my bitter interessant hoe die Here soms net in Engels goed vir my openbaar en ander kere net in Afrikaans. Terug by die skrif.

Ek onthou die eerste keer toe ek die skrif gelees het. Iemand het nog vir my ‘n prentjie gestuur. Dit was ‘n dogtertjie wat baie tevrede met haarself gelyk het met arms vol blomme (‘n cartoon prentjie) en dit het iets in die sin van Die Here sal jou help en red gelees. Iets soos dit.

Toe ek dit in die Bybel gaan lees, besef ek hoe powerful die skrif is en hoe die prentjie dit net amper te veel vereenvoudig het, as ek dit nou so kon stel. Jy sien, op daardie stadium in my lewe, moes ek vir ‘n maatskappy hul Finansiële State gaan voorlê en bespreek. ‘n Maatskappy met meer as 1 BILJOEN RAND se omset. Ek moes gaan google hoeveel nulle is ‘n Biljoen (dis 9 net so tussen ons), want ek het voor dit nog nooit met sulke groot syfers gewerk in ons besigheid nie, en ook nie iets so groot soos dit alleen moes voorlê nie.

Ek het selfs ‘n rok of twee gaan koop, want ek het gevoel my klere steek af teen die omset (verkope as jy wonder wat omset is). I had to look and dress the part jy weet. Ek kan nou nie daar gaan opdaag in my denim en tekkies soos wat ek meeste van die kere maar in sit en werk by die huis nie. Nie te min, die skrif staan vir my uit. Veral die deel wat lees kyk nie angstig rond nie. Dit laat my dink aan Petrus wat nie op Jesus gefokus het nie en toegelaat het dat die golwe om hom, hom laat sink het.

En natuurlik met die golwe saam, dink ek weer aan wat ek geskryf het in Junie 2021 (of was dit Mei?). Oor hoe ek gevoel het of die golwe van angs my probeer verswelg. Dit voel steeds by tye so met ‘n nuwe roetine met die kinders, saam met werksveranderinge, ander omstandighede in my lewe en dit alles saam is vir seker gelyk aan ‘n angstige oomblik of drie elke 2 minute en dan hou dit aan die hele dag lank voel dit vir my.

Ek het so maand of twee gelede ‘n nuwe liedjie gehoor op Spofity. Things that I’m afraid of deur Ross King en Josh Wilson. Ek weet nie wie het eerste die liedjie gesing nie (dis nou amper soos wat was eerste – die hoender of die eier?), en albei se weergawes is vir my mooi. In die liedjie sing hy dat die dinge waarvoor hy bang is, ook bang is vir die Here.

Dit het my laat dink. Want ek het NOOIT so daaraan gedink nie. Ons sit soms met soveel vrees in ons opgekrop, maar ons vergeet waar kom vrees vandaan (dis nie van God af nie) en dit wat ons vrees, vrees die Naam van Jesus nog meer.

Soos wat ek golwe om my sien en ervaar in alledaagse dinge, probeer ek gefokus bly op Jesus. Dis moeilik soms. Soms laat ek myself in die steek deur moedeloos te raak oor so baie goed. Negatief te praat en nie altyd ‘n wag voor my mond te plaas nie. Kwaad te word vir omstandighede buite my beheer. Gefrustreerd met ander goed in my lewe, meeste van die kere nie eens eintlik werk nie, wat ook buite my beheer is.

En dan soos wat ek voel ek begin sink, kom die Lewensredder se reddende regterhand en tel my op uit die chaos uit. Dit wat ek vrees, het ‘n groter vrees vir die Lewensredder. DIT moet ek altyd onthou. The things that I’m afraid of are afraid of you….hoor ek weer die liedjie deur my gedagtes dwaal….

The Life Guard
Posted on Leave a comment

Jy is… deel 4

Navy hofskoene, silver grey sykouse. As jy my moet vra wat onthou ek van my skooldrag dan is dit seker maar dit. Ek stap deur die ontvangs, seker maar die eerste keer in 24 jaar weer in daglig, op ‘n weeksdag by die skool waar ek gematrikuleer het in. Hoërskool Goudrif. Ek merk die skoolwapen met die leuse Roepingsbewus op teen die muur en wonder of hy altyd daar was, en reken maar dat ek net te min op skool dáár waar die wapen hang, gekom het om te onthou.

Elsabé Lartz ontmoet my net soos ek uit die kleedkamer uitkom – die personneel badkamer wat verbode grond vir kinders is en nou deel van my grondgebied is waar ek mag beweeg. Dis vreemd, ek was oortuig die kleedkamer was groter as wat hy nou voorkom. Ons stap saam na my kar toe om die goedjies uit te haal wat ek saam gebring het. Sy vra uit na my, watter jaar ek gematrikuleer het, wat my nooiensvan was, het ek kinders. Juffrou Lartz is hierdie jaar 20 jaar by díe skool, ons het mekaar spreekwoordelik met 4 jaar gemis in die gange.

Sy sê vir my dat ek seker nog onthou waar die saal is en laat my voor stap. Die oomblik toe ek by die saal instap, is dit asof 24 jaar verdwyn. Die skaam, onseker matrikulant, is vir ‘n oomblik terug. Ek herroep die aand toe ons in Graad 11 as Prefekte aangewys was, hoe ons geoefen het vir ure en ure vir Revue in die einste saal.

Die verhoog pronk breëbors met die trappe en loopvlakke, reg vir Revue om op hom uit te speel. Die saal ruik nog dieselfde. Is dit nie amazing hoe reuke jou terug kan vat in tyd nie? In my geestesoog sien ek hoe ons nog parallel met die verhoog by ons enkel tafeltjies gesit en Rekord eksamen en later ook eindeksamen geskryf het. Eintlik seker maar al die eksamens in ons matriek jaar? Ek kan wragties nie onthou nie.

Sy vra my hoe dit voel om terug te wees by die skool. My antwoord was een woord Weird. Vreemd. Ek staan en soek die hoofdogters se naambord. Neem ‘n foto vir my sussie wat in 1994 hoofdogter was. ‘n Rukkie later kom die klankspan om ‘n mikrofoon vir my op te stel (wat ek toe later besluit om nie te gebruik nie). Een van die seuns vra of ek musiek het wat ek wou speel. Ek kyk verdwaas na hulle – dis wragties NIE iets waaraan ek gedink het NIE. Musiek en ‘n slideshow. “Miskien volgende keer.” Antwoord ek hulle.

Die klok lui vir pouse, die kinders stap die saal binne. Meer as wat ek verwag, Juffrou Lartz het gesê sy het vir haar graad 12’s gesê om ander maats ook te bring al is hulle nie Verbruikerstudie leerders nie.

Die keer knaag die senuwees so bietjie meer as normaal. Dit voel of ek geoordeel gaan word deur jong hoopvolle kinders oor waar hul nou is en waar hul eendag gaan wees, gemeet aan wat ek vir hulle sê en hoe ek voorkom. Ek weet dis nie waar nie en druk deur die geknaag en gaan voort met my boodskap.

Ek sing selfs vir hulle die liedjie wat ek in die kinderkerk onthou. “Weet jy nie, weet jy nie, jy’s ‘n tempel? Vol van lof, vol van krag, vol van vreugde” handgebare en al. ‘n Paar kyk my aan asof ek nou van die lootjie getik is, ander giggel lekker want hulle weet presies waarvan ek praat.

By verre was hulle my mees interaktiefste gehoor ooit (nie dat ek die al 100 keer gedoen het nie – hierdie is die vierde skool wat ek besoek). Toe ek die Vraag vra – “Wie van julle het geweet Flaminke word nie pienk gebore nie?” vlieg daar heelwat hande op en in die lug.

Saad was gesaai, dit weet ek. Een meisie het selfs, wat vir my gelyk het of sy in trane was, my kom bedank vir die mooi boodskap. Absoluut ‘n Heilige Gees geinspireerde oomblik en alle eer aan God, nie aan my nie. ‘n Ander een se gees was net so oop en ontvanklik, ek het haar ‘n myl ver gesien en dit vir haar gesê ook.

Die wat gekies het om saam met my in die Facebook en Instagram foto te wees het meer as in hul noppies gelyk met hul voorskote. As ek kyk na die foto kan ek die opgewondenheid, gelag en giggel SIEN! Ek kan amper tasbaar die energie van die kinders voel. Ek kan nog onthou hoe dit was om 17 of 18 jaar oud te wees. In ‘n mate mis ek dit, maar aan die ander kant is ek dankbaar dat ek is waar ek is in my lewe.

The more things change the more they stay the same. Dit het ek daardie dag weer gesien. Ek wonder hoeveel asems is al deur daardie skoolgange en klasse? Hoeveel het al daar gematrikuleer? Dit voel vir my ontelbaar baie en ‘n moeilike som om te maak. 24 jaar vlieg verby in ‘n oogwink.

Ek besef net weer dat Onderwysers seker een van díe moeilikste werke onder die son moet hê. Om kinders uit verskillende huislike omstandighede, agtergronde, kulture, gewoontes en wie weet wat nog alles te moet leer sodat hulle VERSTÁÁN en kan eksamen skryf en slaag, is nie almal se cup of tea nie. Nie almal is gemaak vir dit nie, ek is vir seker een van hulle!

My gebed is dat elke leerder, nie net Verbruikers leerders nie, die dag ‘n stukkie saam met hulle kon vat. Dat die Here dit gaan natlei op die regte tyd, sodat die bome sal opkom wat Sy vrugte dra en Pienk Vere vir die Here reflekteer.

Ek dink weer aan die skool se leuse. Roepingsbewus. Ek herkou so bietjie aan dit. Wat beteken dit regtig? Ek reken, direk uit dit uit, om BEWUS te wees van jou ROEPING en waarvoor God jou geroep het.

Hoe interessant is dit nie net nie? Die leuse en die boodskap wat oorgedra is, kom op dieselfde neer. Sit in wat nodig is sodat jy jou werk waarvoor God jou geskape het, kan doen – wees bewus van jou roeping. Die Here is voorwaar AMAZING!!! Mag elkeen wat deur hierdie skool se gange stap, die leuse uitleef in hierdie wêreld waarin ons onsself bevind – nie net in hul beroepe nie maar ook dit waarvoor die Here hulle geskape het en op aarde voor gesit het.

In my gedagtes neurie ek die deuntjie van die skoollied soos ek hom ken en onthou. Die woorde is seker verkeerd wat ek in my kop sing, maar ek sing hom vir myself en weet Roepingsbewus sal ek bly. Sonder dat ek dit besef het, het ek doelbewus my roeping, dit waarvoor God my geroep het, uitgeleef in my lewe na skool, voel dit vir my…

You are… part 4
Posted on Leave a comment

Jy is… deel 3

Die Jirre lief jou!! Finish & klaar! Lees ek die boodskappie op die bottel volgeprop met bran muffins (kolwyntjies voel soos die verkeerde woord om te gebruik want daar is nie versiersuiker op nie)… ek verkyk my aan die rosies (my gunsteling blom net so tussen ons) wat uit papier gemaak is. Die een uit ‘n ou storieboek se bladsy, wat dit net so ‘n vintage anderste look gee.

Ek probeer ‘n muffin uithaal sonder dat hy heeltemal disintegreer tussen my vingers, dis so vars, dit val omtrent uitmekaar uit! Muffins spesiaal vir my gebak deur ‘n groepie baie spesiale studente. Kinders met ander behoeftes as waaraan ons (of dalk eerder ek) gewoond is. Kinders wat ook hul plekkie onder die son wil claim.

Kinders van ouers wie bekommerd is of hulle dit eendag gaan maak wanneer hulle nie meer hier op aarde is nie. Kinders van ouers wat wonder of hulle ‘n inkomste sal kan genereer wanneer die broodwinner/s nie meer oor die vermoë beskik om te kan sorg vir hulle nie. Ek stap saam met my naamgenoot, Elsie van Staden (saam verwys ek na ons as Elsie tot die mag 2 soos in Wiskundige taal gepraat) deur die gange van Oom Paul Skool in Rustenburg.

Ons stap verby twee kinders, ek hoor die een vra vir die ander een “Is that a new teacher?” en ek neem aan hulle verwys na my. Ek grinnik stilletjies by myself en dink, “Neeeeeee outjie, jy verstaan nie, die tannie na wie jy kyk is nie uitgeknip om ‘n juffrou se werk te doen nie.” Dit vat SUPER spesiale mense om onderwysers te wees in my opinie. En ek voel daagliks of ek my eie kinders faal wanneer ongeduld na vore kom na ‘n lang dag se werk en gesukkel op stadige aanlyn sisteme.

Terug by die skoolgange. Vir die wat dalk nie weet nie, Oom Paul Skool is ‘n Vaardigheidskool vir leerlinge wat vanaf hoofstroom skole verwys word na hulle toe. Goudvissies wat nie kan boomklim soos die kurrikulum verwag van hulle om te doen nie. Dan word hulle in die spreekwoordelike goudvis dammetjie by Oom Paul Skool gesit, gekoester, geleer en opgevoed op hul vlak. Die stroom in die hoofstroom is net TE sterk vir hulle en daar raak hulle verlore in die sisteem.

Maar Oom Paul Skool is verder nóg effens anders, want hulle bied Haarkappery EN Voedselproduksie aan, saam met ander vakke soos ons almal dit ken – NW, SW, tale, daardie tipe vakke. Leerlinge wat in Hoofstroomskole teleurstelling op teleurstelling beleef, word hier met ope arms ontvang. Hulle word skills geleer. Hoe om PRAKTIES met jou hande te werk. Iets wat ek voel deesdae ontbreek. Om in die Ambag opgelei te word.

Almal sit mos deesdae agter ‘n laptop op hul boudjies vir meer as 8 ure per dag (ek in kluis), besig om hul werk te doen en dit terwyl die Ambagte nie noodwendig nog mense oplewer nie (hierdie is nou net my persepsie en ek mag verkeerd wees – ek het glad nie statistieke gaan trek hieroor nie). Mense kan nie meer prakties en fisies die werk doen wat ons wêreld maar eintlik steeds nodig het nie, ten spyte van waar ons is wat tegnologie aanbetref. Ek weet, for the life of me kan ek NIE NAALDWERK doen NIE en nog minder iets fêncy in die kombuis maak.

Maar nie te min. Dinsdag 26 Julie 2022, het die Here vir my die geleentheid gegun om ‘n klein groepie Verbruikerstudie studente te gaan bedien met Sy woord en kennis wat Hy stelselmatig vir my gee en openbaar oor Flaminke. Die hele ding waaroor die Blog en Beroepsvrou draai. Pienk Vere vir die Here.

Ek besef eers later toe ek sit om die inskrywing te maak dat die nerwe wat my gewoonlik so pla voor so ‘n dag (soos ‘n muis wat aan ‘n kabel knaag) glad nie naby was nie. Ek het nie vir een oomblik gewonder en twyfel het oor enige iets nie! Soos wat ek die kinders toespreek en later ook die personneel, haal ek stukke uit die Bybel aan. Nie presiese verse nie, maar skrif wat ek voel die Here vir my koppel aan flaminke, geinterpreteer en in my eie woorde om dit eenvoudig te probeer hou en nie soos ‘n kerkdiens te laat voel nie.

Ek besef toe wel dat ek die heeltyd na Dawid en Psalms verwys as ek praat van die stuk oor bewaar jou hart terwyl dit eintlik Salomo en Spreuke moes wees. An honest mistake en ek glo die Here verstaan en almal het gehoor wat hulle moes hoor.

Net so ietsie ekstra om aan te sluit by die voorskote, en ek het seker al dit voorheen genoem, maar, wanneer die kinders dit aantrek, beoefen hulle ook ‘n geestelike profetiese aksie om hulself te bedek met die borsharnas van geregtigheid. Dit beskerm hul harte soos Salomo gesê het. Moet my ook nie verkeerd verstaan nie – daar is GEEN krag in die voorskote nie. Dis simboliek en hoe die Here vir my gewys het wat die voorskoot eintlik beteken.

Dit neem Flaminke ongeveer 2 jaar om pienk te word en hul bly slegs pienk as hul die regte voedingstowwe inneem….dis dieselfde met ons as Christene. Jy moet konstant die regte goed inneem sodat jy Pienk Vere vir die Here kan hê.

Ek is ook seker dat die skrif uit 1 Thessalonicense 5:21 waar Paulus skryf en sê Beproef alle dinge, behou die goeie – is soos die flaminke wat hul kos filter (omdat hul filtervoerders is) – hulle skei uit dit wat sleg is en neem slegs dit wat goed en reg is in.

Oom Paul Skool is uniek en enig in sy soort. Van Potchefstroom tot Wolmaransstad, tussen Klerksdorp en Brits is daar net een visdam beskikbaar vir al die goudvissies wat net nie kán boom klim nie, en dis Oom Paul Skool. Daar is nog ‘n soortgelyke skool in Krugersdorp en twee in Pretoria. Dis dit sover ek weet en vertel was.

Enig en uniek in hul soort. Lankmoedig en geduldig is hoe ek die Onderwysers by Oom Paul Skool sal beskryf. Dit vat ‘n besonderse mens om ‘n Onderwyser te wees en ‘n Engel om kinders vaardighede te leer soos hier by hierdie plek.

Dit wil tog vir my voorkom of daar wel ‘n stukkie hemel op aarde is, ‘n plekkie waar kinders geplant kan word om te groei om ook hul potensiaal te bereik, om hul plekkie onder die son op te eis. Vir ouers gemoedsrus gee dat hul kindertjies wel ietsie sal kan leer en weet, sodat hulle kan oorleef eendag wanneer ouersorg nie meer moontlik is nie. Daardie plekkie is Oom Paul Skool.

You are… part 3
Posted on Leave a comment

Om “Bold” te wees… hoofstuk 1

Toe ek aanvanklik hierdie inskrywing begin doen het, het ek by myself gedink dat dit eintlik oppervlakkig is. Amper soos wat dit vir my voel my inskrywing oor my sentimeters wat ek verloor het as oppervlakkig gesien kan word. Tog het iemand vir my gesê daardie spesifieke inskrywing het haar net weer gemotiveer om deur te druk met iets anders…. so dan kan dit seker nie SO oppervlakkig wees nie… kan dit?

Met die wolke dig toegetrek en reën wat liggies val by Magalies Park vakansie oord (waar ons onsself tans bevind) het ek gereken dis eintlik ‘n goeie plek om die kaggelvuur te laat aansteek, onder ‘n kombers in te kruip en die inskrywing, waaroor ek so baie twyfel maar tog aan te pak en klaar te maak.

Soos wat ek een oggend in die stort staan en dink oor so baie goed, insluitend hierdie inskrywing (en die een oor my onbeplande gewigsverlies) voel ek ‘n roering in my gees en die woord transformasie kom by my op.

Ek besef die Heilige Gees wys my dat dit waaroor ek geskryf het eintlik deel van ‘n transformasie proses is om my, Elsie Potgieter, te verander. Van ‘n doodgewone letter in ‘n dokument wat net saam met ander vloei en nie regtig uitstaan nie, na ‘n hoof vetgedrukte (in Engels noem ons dit Bold en ek weet eerlik nie wat die mooi Afrikaans vir Bold is nie) letter toe wat uitstaan bo die ander en meer opvallend is.

Sjoe, die vorige sin het my skoon uitasem en ek het dit nie hardop geuiter nie! Ek hoop die kommas is almal op die regte plekke sodat die leser dit kan lees EN asemhaal. Nie te min. Die punt wat ek probeer maak is, die Here is besig met ‘n transformasie in en deur my en dit gaan natuurlik in die vlees begin manifesteer (op ‘n goeie manier nie die slegte manifestasies nie, soos ons geneig is om te koppel aan die woord manifesteer).

Jy sien, die wêreld waarin ons leef is deesdae ‘n fast paced, fast moving plek. Amper alles gebeur op sosiale media. Daar is soveel platforms tot ons beskikking, dat mense eintlik oorweldig voel deur als en eintlik nie weet eers waarna om te kyk wat sinvol is nie.

Soos julle dalk mag weet, het ek ‘n Masterclass by Alétte Winckler in April bygewoon, en in hierdie voorlegging het sy ‘n klomp stats gegee oor goed. Hoe lank dit vat om ‘n indruk te skep, dat vrouens eintlik aantrek om ander vrouens te beindruk, eerder as hul mans (want ons bly in hierdie kompeterende spasie).

Mevrou So en So móét maerder wees as die een langs haar, mooier, beter hare, grimering, klere, you name it, dit moet beter wees. En laat ek jou vertel, as Mevrou Dit en Dat nie op standaard voel nie, want sy het haar kinders by die skool gaan afhaal in haar slippers (dit klink net beter as pantoffels) huiwer sy nie om enige iemand anders wat beter as sy geklee is te bespreek en kommentaar oor te lewer nie. Die gesprekke begin bloot omdat sy daardie dag gekies het om nie grimering aan te sit nie en dalk ook skoene ontbreek en nou voel of sy afsteek teen ander.

Terug by my punt wat ÉK wil maak. Die transformasie is besig om te gebeur. Ek het nie op ‘n dag opgestaan en besluit – teen hierdie datum in 2022 wil ek soveel sentimeters verloor nie. En teen daardie datum in 2020 moes ek nou al dit, dat en die volgende gedoen het om te transformeer in die uiterlike nie.

Nee, dis amper vir my soos my een juffrou op skool gesê het – elke dag se bietjie elke liewe dag. Bietjie vir bietjie is die Here besig om my te rek en strek en uit my gemaksone te skuif sodat ek Sy werk kan doen waarvoor ek geroep is deur Hom.

Wie nie waag nie sal nie wen nie. Soms moet ons uit die blokkie wat ons om onsself getrek het tree. Jy weet – uit jou comfort zone uit. Dit begin by iets eenvoudig soos om jou hare te verander wat jou net die bietjie confidence gee (ek kan nie dink aan die Afrikaanse woord nie en die Engelse woord maak net ‘n beter indruk voel dit vir my).

Dit waaroor ek skryf, se doel is om ander te stig en te motiveer. Ons almal is in hierdie rot-resies vasgevang. Die balans voel vir my is net nie daar nie. Tussen werk, kinders, oefen, kos maak en gesond eet en alles tussen in, is daar bitter min tyd om werklik tyd saam met God te spandeer.

Tog is die tyd saam met Hom belangriker as al ons vleeslike behoeftes. Baie wat my inskrywings lees, is werkende mamma’s. Voltyds in ‘n very demanding line of work. Tyd vir oefen is daar nie! Wat nog te praat van gesonder eet EN dan nog tyd saam met die Here? Nie eens al die ander goed wat ons aan moet voldoen en tyd aan spandeer in ag geneem nie!

Ek bid steeds dat dit waaroor ek skryf mense sal bemoedig en laat weet you are not alone. Ons is almal daar. Ons moet die tyd maak! Ek voel as ek dit kan doen, kan enige iemand dit doen! Dit laat my dink aan ‘n liedjie geskryf deur Josh Wilson – That was then, this is now. Ons almal was iewers en het met tyd verander en (hopelik) nader aan God beweeg in die proses.

Word vervolg…

Being Bold… Chapter 1
Posted on Leave a comment

Die stoomtrein

Soos wat ek hier agter my rekenaar inskuif, met die laat middag son wat deur die venster oor my sleutelbord (hoe is dit nou vir ‘n mooi Afrikaanse woord eerder as keyboard soos ons maar geneig is om die Engels in te gooi tussen die Afrikaans wanneer ons praat?) kom daar ‘n gedagte by my op.

Ek sien ‘n treintjie wat teen ‘n bult uit ry, hy stoom hard en aanhoudend en ek hoor die geluid wat hy maak Ek-weet-ek-kan-ek-kan-dit-doen-ek-weet-ek-kan-ek-kan-dit-doen eerder as die tjoekoe-tjoekoe-tjoekoe geluid wat ‘n stoomtrein gewoonlik maak. Ek weet nou nie of dit dalk per ongeluk ‘n prentjie uit my kinderdae is wat ek dalk iewers gelees het of ‘n storie gekyk het nie maar ek weet wel dat die Here dit vir my gewys het vir ‘n doel.

Nie te min, die sonnetjie is HEERLIK hier en ek besef net weer HOE bevoorreeg ek is om nou op hierdie oomblik hier te wees. Die maand se skrif is weer een van my gunstelinge uit Filippense uit. Ek is tot ALLES in staat deur Christus wat my krag gee.

Jy sien, soos die treintjie, voel dit soms vir my, en ek is seker vir ander ook, of ek hierdie moewiese bult van die lewe moet uitklim om bo uit te kom. Langs die pad is daar uitdagings, nêrens in die Bybel word ons gevrywaar van ‘n lewe sonder uitdagings nie. Maar, ons word wel gewaarborg dat God aan ons sy is, en ons goed kan doen met Hom wat ons krag gee.

Ons moet kies hoe ons die uitdagings sien. Die spoorlose pad wat ons soms voel ons moet volg, onseker oor waarheen ons moet gaan en of ons wel op die regte pad is. Of die slaggate wat maak dat ons net so effe stadiger moet ry en nie vinnig genoeg na ons sin aan die bo kant van die bult uit kom nie.

Weereens is hierdie skrif vir my op hierdie tydstip net so akkuraat, ek kan nie anders as om die Here ‘n fist pump te wil gee vir die een nie. Jy sien, soos my vorige inskrywing gelui het, weet julle seker nou dat die dinamika in die firma verander het en goed weer terug land op my tafel. Soms wonder ek of ek dit regtig alles sal kan behartig en ander kere dan weet ek net dat ons sal ok wees.

Die Here is besig om vir ons die pad te wys en die steenkool in ons enjins te sit en aan die brand te steek, sodat ons die bult wel kan uitklim en bo uit kom. Wanneer ek mismoedig raak oor alles en nog wat, wat ek moet doen en hanteer, veranderinge van owerhede, sisteme wat sommer net nie lekker is nie, in my opinie (as ek nou my opinie kan en mag gee), dan kyk ek na die skrif vers en sien ek die trein.

God se trein. Ek is Sy trein wat, soos wat ek die bult uitbeweeg, rook by my enjin laat uitkom wat ‘n teken is dat ek Syne is en dat Sy vuur in my brand (nou nie lugbesoedeling tipe rook nie – ek is seker julle verstaan wat ek bedoel). Rook wolke wat ‘n sein vir ander treintjies stuur om hul steenkool gelaai te kry, opgevul met God se woord en aan die brand te kry, deur die Heilige Gees, sodat hulle ook hulle bulte kan uitklim.

Waar staan jou treintjie? Voel jy of jy nie meer kan nie? Het jy genoeg steenkool om te brand? Miskien moet ons daar begin! Jy kan nie op fumes hardloop en die bult uitkom nie. Jy moet sorg dat jou enjin met God se woord opgevul is, sodat die Heilige Gees die vuurhoutjie kan brand wat die steenkool laat verander in energie. Dis slegs dan wat Filippense 4:13 geaktiveer kan word in jou lewe en jy in staat is om alles te doen deur Christus wat jou krag gee.

Ek-weet-ek-kan-ek-kan-dit-doen-ek-weet-ek-kan-ek-kan-dit-doen hoor ek my enjin kreun teen die stywe bult wat ek voel voor my lê. Miskien is hy nie so styf en styl nie? Miskien is ek net nog nie naby genoeg om te weet dat dit eintlik net ‘n klein hoogtetjie is nie. Maar tot dan gaan ek die skrif vers herhaal. Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

The steam train
Posted on Leave a comment

Die einde van ‘n seisoen

Ons almal weet daar is verskillende seisoene en dat hulle tot ‘n einde kom en oorgaan in ‘n volgende een. Nie net fisiese seisoene soos somer, winter, herfs en lente nie. Nee. Emosionele en geestelike seisoene ook.

Soos wat dit in Prediker 3 uiteengesit is, dink ek Salomo het DIEP gedink oor goed en dit neergepen vir ons om dekades en generasies later te kan lees. Toe ek jonger was, het baie goed wat hy geskryf het glad nie sin gemaak nie.

Maar noudat ek ouer word, dalk wyser ook en ek glo soos wat ek nader aan God beweeg, begin soveel meer goed vir my sin maak. Jy sien, as jy jonk is, glo jy ‘n paar onwaarhede. Soos dat 40 ongelooflik ver is. Mense wat 24 jaar terug in matriek was stokoud is. En dat die lewe dieselfde gaan bly vir ewig.

Nou ja. Op 41 weet ek dat 40 baie nader is as wat ek ooit kon dink en dat 50 ‘n katspoegie ver is, voel dit vir my. Ek IS nou deel van die mense wat 24 jaar gelede gematrikuleer het, ek voel nie stokoud nie, so daardie stelling kan ook nie waar wees nie.

Die grootste onwaarheid wat daar bestaan, is dat die lewe dieselfde gaan bly vir ewig. Dis eintlik twee onwaarhede vervat in een. Eerstens bly die lewe nie dieselfde nie en tweedens niemand leef vir ewig nie.

Wat probeer ek nou eintlik sê met al my filosofiese oordenkinge? Wel, vandag is ‘n curve ball my kant toe geboul en nou moet ek die hou speel. Ek hoop ek slaan hom vir ‘n 6, maar ek sal eers later weet, nie nou al en so vinnig soos in ‘n 20/20 krieketwedstryd nie.

Jy sien, die dinamika in ons firma gaan verander. My klein sussie, sister from another mister, die klerk (wat lankal nie meer ‘n klerk is nie) se vlerke moet gesprei word. Sy is reg om die nes te verlaat. Haar ligspore te saai in die wêreld in.

Ek hoop sy het genoeg gelaai by ons, nie dat ons die hoofbron van energie en lig is nie. Maar ek glo ons was (en is) soos een van die stasies waar jy jou kar kan herlaai (die elektroniese soort) om jou verder te vat na die volgende deel van jou reis.

Ek glo dat ons wel ingeprop is by die Hoofbron, God en dat ons wel Sy boodskap en wil kon oordra soos wat ons gewerk het. Ons het baie gelag, minder gehuil en baie uit frustrasie met omstandighede buite ons beheer net vir mekaar gekyk en aan beweeg met dit wat ons moes doen.

Ek meen, watter werkgewer vra op haar kombuistee vir ‘n vriendin van die bruid of sy saam met haar werk (terwyl sy saam met my gewerk het)? Ons lag nou nog oor my dowwe oomblik wat ek gehad het. Maar dis hoe ek haar gesien het – eerder as ‘n kleinsussie of vriendin as ‘n werknemer.

Ek bid dat ons haar toegerus het met die wêreldse kennis wat sy kon opdoen i.t.v. haar opleiding en kwalifikasie. Dat sy meer as net ‘n aanwins kan wees vir enige werkgewer. Was dit nie Richard Branson wat hierdie awesome quote gehad het nie?

Train people well enough so they can leave. Treat them well enough so that they do not want to. Ek hoop regtig dat ons die eerste deel van die quote wel aan voldoen het en dat die rede vir die weggaan nie is weens ons mishandeling nie.

Maréchelle, jy gaan gemis word. Ek het jou sien grootword voor my oë. Van ‘n skaam onseker 21 jarige dogtertjie voel dit vir my tot ‘n volwaardige vrou en mamma met selfvertroue, kennis en wysheid. Bly die persoon wie jy is. Trap diep spore in ander se harte soos jy in ons harte getrap het. Belangrikste van alles – laat jou lig skyn, so helder as wat hy kan skyn.

Met heimweë kyk ons nou hoe die babavoëltjie reg is om haar vlerke te sprei. Ons het ons groete gegroet en huile gehuil vandag. Lynette Berger van Probeta en EI Activator het gesê dat iemand vir haar gesê het Jump but build your wings on the way down. Daar is nooit ‘n regte tyd in mens se lewe nie. Jy moet net die Here vertrou vir besluite wat jy geneem het. Maréchelle, mag jou vlerke gebou word soos wat jy die sprong neem! We are rooting for you from the sidelines!

The end of a season
Posted on Leave a comment

The Prism

It is 19 June – Father’s day 2022. We are, yet AGAIN late for church. And it is not because we planned it like this or slept until ten past nine. No, that is just how our morning worked out to be. We are working hard at being on time, but it is something that we just cannot achieve at this stage it seems.

At one stage while we are driving to the church, it just felt like we are not getting there while the time is just passing by. Time and tide waits for no man is what went through my mind at that stage. I have been thinking about that saying for a few days now and realised just how true it really is.

At one stage I almost even gave up hope of getting to church. Almost thought that we are going to do something else rather than to attend church. But luckily, we arrived. Rather late than never.

The guest speaker, Alan Sutton takes the stand on the stage. I hang onto every word that this oom is saying (uncle just sounds wrong because to me he is an oom like we refer to elder men in Afrikaans), because, inside me, it is as if that which I have been feeling for such a long time, has been put into words even better than what I could ever tell. He brings together two things that I never thought of in this manner.

Gifts of the spirit and fruits of the spirit. He continues to explain that the Holy Spirit works IN you and then THROUGH you. I hope I remembered correctly, but working IN you is the fruit of the Spirit. You know – the scripture in Galatians where it talks about love, patience, those things that I did not display in the early morning hours this past weekend, when my son, who struggled to sleep again, came to me for help. I was Momster AGAIN.

None the less. Then the Holy Spirit works THROUGH you and this is where the gifts of the Spirit come in. The word of knowledge, speaking in tongues, those things. The stuff that I always thought, growing up, was only available to the people from the Bible and more so, only the disciples and not for us living in modern times.

As he was talking, I suddenly, randomly and out of nowhere, saw a Prism. You know – the one we used at school in Science? The one where you shine the white light in and it breaks it up into the seven colours of the rainbow. That Prism.

I realised that God used this vision, if I can refer to it as such, to show me even better what the oom means. You see, you must first allow the Holy Spirit to work IN you (God’s pure white light shining INTO the Prism) and then He can work THROUGH you (the rainbow colors that is reflected from the Prism). The rainbow colors shows to the world the beauty of God – and the rainbow is God’s promise to us is it not?

We must be light bearers in this dark world. And we must show the world the fruit of the Spirit. Every day, not only Sundays. In everything that we do. This is something that I stand for and what God showed me years ago already. Something I strive for on a daily basis. Something that Kobus Windt, our pastor, also says quite often – sleeping in a garage does not make you a car. In the same manner you cannot be a proper Christian if you only go to church on a Sunday and only act like a Christian on selected times.

I grasp almost immediately what the oom meant and wonder if everyone listening to him really grasped it? You see, something else that I stand for is Righteousness. To ALWAYS do the right thing, even if no one is watching.

This is the symbolic meaning of the Beroepsvrou aprons – the breastplate of Righteousness, when you serve your family while preparing the meals that must feed everyone physically (but also spiritually). You see, I recon you must first get this concept right with those closest to you, before you can show it to the world.

It is not always easy. Like this past weekend’s Momster that came out in me. You see, the moment that my children, that are big and supposed to sleep through, prevent me from sleeping or wake me up just as I had fallen asleep, then Momster comes out sometimes. I sometimes struggle to sleep, if you were wondering why this is such an issue to me. These days the struggle is less than what it used to be in the past. I try my utmost best to be patient in the middle of the night and many times I do get that part right. But, there is the exception to the rule, when I am extremely tired and slept terrible a few nights before, that I fail in this.

To get back to the oom’s message – there are some other things that he said that caught my attention, with scripture, that I want to blog about. And that is God’s breath in our lungs and looking for God in everything (God is in the detail). I am therefore not going to expand on this right now, I will keep that for another entry or two. Because I cannot remember if I have written about this yet? You see, I write as much as what I talk and I talk as much as what I write, I cannot always remember what were mere thoughts and what were words spoken or written.

The long and the short of the message and that which God showed me – are you going to be a prism for Him so that He can use you to expand His kingdom? Are you going to allow His light to shine in and through you so that you can reflect to the world the colours of the rainbow?

I know I am there – more than prepared to be a prism for God’s kingdom. Hundred and ten percent. I am all in for God and His kingdom. Every time I hear the song from Matthew West called All in then I think, I recon I am all in. Boots and all. I want to shout from the rooftops that I am His, like the song from Kim Walker called Rooftops.

It is strange to me that everyone does not feel like I feel. It is then so obvious and logical. I recon God is busy getting everyone’s prisms ready and perhaps why they do not feel quite as passionate yet as what I do.

Some are not in the correct spot where the light shines on it and comes in at the right angle. They are close but not there. Other prisms are still in their boxes that they came in, or perhaps they even placed God in a box, so that the light cannot reach them.

Where does your prism stand? Are you in a place where you can receive God’s light? Have you taken God out of the box you have tried to place Him in? Do you allow Him to work IN you so that He can work THROUGH you? What does your fruits of the Spirit look like and your Spiritual gifts? Are you doing what God placed you on earth to do?

I hope and believe that I do! I don’t always get it right, but I believe that my prism is standing ready to receive God’s light to reflect it back to the world, so that He can work IN me and then THROUGH me as and when needed!

Die Prisma
Posted on Leave a comment

Die Prisma

Dis 19 Junie – Vadersdag 2022. Ons is ALWEER laat vir kerk. En nie omdat ons dit so beplan het of tot tien oor nege geslaap het nie. Nee, dit het net so uitgewerk. Ons werk hard aan betyds wees maar dit voel my dis iets wat ons ontglip die heeltyd.

Op ‘n stadium toe ons ry, voel dit of ons net nie by die kerk kom nie, dit alles terwyl die tyd net aanstap. Time and tide waits for no man dink ek. Ek dink al ‘n paar dae aan die gesegde en besef net hoe waar dit eintlik is.

Op ‘n kol het ek amper moed opgegee om by die kerk uit te kom. Amper gedink ons gaan maar iets anders doen eerder as kerk toe gaan. Maar gelukkig kom ons daar aan. Liewers laat as nooit.

Die gasspreker, Alan Sutton kom aan die woord. Ek hang aan die oom se lippe want dis asof dit wat ek binne my voel, in nog beter woorde omskep word as wat ek ooit dit sou kon vertel. Hy bring vir my twee goed bymekaar, iets wat ek nooit saam aan gedink het nie.

Geestelike gawes en Vrug van die Gees. Hy gaan voort om te verduidelik dat die Heilige Gees IN jou werk en dan DEUR jou werk. Ek hoop nou ek het reg onthou, maar IN jou werk is die Vrug van die Gees. Jy weet die skrif wat in Galasiërs staan – liefde, lankmoedigheid, daai goed wat ek die afgelope naweek in die vroeë oggend ure, toe my seun weer nie kon slaap nie, glad nie gewys het vir hom nie. Ek was Momster gewees.

Nie te min. Dan werk die Heilige Gees DEUR jou en dis waar die Gawes van die Gees in kom. Die woord van kennis, profesie, tale, uitleg van tale – daai goed. Die goed wat ek altyd, toe ek groot geword het, gedink het NET beskore was vir die mense van die Bybel, en meer nog NET vir die dissipels en nie vir ons hedendaagse mense nie.

Soos die oom praat begin ek skielik (en randomly out of nowhere voel dit vir my) ‘n Prisma sien voor my. Jy weet – die wat ons op skool in Wetenskap gebruik het? Die een wat jy die wit lig laat inskyn het en hy dit opbreek in die sewe kleure van die reënboog.

Ek besef die Here gebruik die visioen, as ek dit nou so kan noem, om vir my nog meer te wys wat die oom bedoel. Jy sien, jy moet eers toelaat dat die Heilige Gees IN jou werk (God se suiwer wit lig wat IN die Prisma skyn) en dan kan Hy DEUR jou werk (die reënboog kleure wat uitkom uit die Prisma uit). Die reënboog kleure wys vir die wêreld die mooi van God – en die reënboog is mos God se belofte aan ons as mens, is dit dan nie?

Ons moet mos ligdraers wees in hierdie donker wêreld. En ons moet vir die wêreld wys dat ons Vrug van die Gees het. Elke dag, nie net Sondae nie. In alles wat ons doen altyd. Dis iets waarvoor ek staan en wat die Here jare terug reeds vir my gewys het. Waarna ek streef elke dag. Iets wat Kobus Windt, ons pastoor, ook gereeld sê – as jy in ‘n garage slaap maak dit jou nie ‘n kar nie. Net so is jy nie ‘n volwaardige Christen as jy kerk toe gaan en slegs op selektiewe tye Christenskap beoefen nie.

Ek snap amper dadelik wat die oom bedoel en wonder net of almal wat na hom luister dit werklik snap. Jy sien, nog iets waarvoor ek staan is Geregtigheid of Righteousness soos dit net vir my mooier klink in Engels. Om ALTYD die regte ding te doen al kyk niemand nie.

Dit waarvoor Beroepsvrou se voorskote simbolies is – die borsharnas van geregtigheid wanneer jy in bediening staan vir jou gesin met die voorbereiding van die maaltyd wat hulle moet voed (fisies en geestelik ook). Jy sien, ek reken jy moet eers dit met jou naaste mense mee regkry voor jy dit vir die wêreld kan gaan wys.

Dis nie altyd maklik nie. Soos ek wat die afgelope naweek ALWEER Momster was. Jy sien die oomblik dat my kinders, wat nou al groot is en veronderstel is om deur te slaap, my verhoed om te slaap of uit die slaap hou, kom Momster soms uit. Ek sukkel meeste van die kere om te slaap, as jy gewonder het hoekom ek na dit verwys. Deesdae slaap ek beter as voorheen. Iets waaroor ek dankbaar is! Ek probeer my bes om geduld in die middel van die nag te beoefen en baie keer kry ek dit reg. Maar daar is die uitsondering op die reël, wanneer ek besonders moeg is en baie sleg geslaap het dat ek vaal hierin.

Om terug te kom na die oom se boodskap toe – daar is nog iets wat hy gesê het wat my aandag gevang het en skrif wat hy genoem het waaroor ek lankal wil blog. En dit is God se asem in ons longe en om die Here te soek in alles (God is in die detail). Ek gaan dus nie nou hieroor nog verder uitbrei nie, ek gaan dit hou vir ‘n ander inskrywing of twee. Want ek kan ook nie onthou of ek al oor so iets geskryf het nie? Ek skryf so baie soos wat ek praat en praat so baie as wat ek skryf, ek kan nie altyd onthou wat was gedagtes en wat was werklik geuiter of geskryf nie.

Die lang en die kort van die oom se boodskap en dit wat die Here vir my gewys het – gaan jy ‘n Prisma wees vir Hom sodat Hy jou kan gebruik om Sy koninkryk uit te brei? Gaan jy toelaat dat Sy lig in jou skyn sodat jy dit kan terug reflekteer vir die wêreld in die kleure van die reënboog?

Ek weet ek is daar – meer as bereid om die prisma vir God se koninkryk te wees. Honderd en tien persent. I am all in vir God en Sy koninkryk. Elke keer as ek die liedjie van Matthew West hoor All in dan dink ek, dat ek reken ek is all in. Boots and all. Ek wil van die dakke af skree vir die wêreld dat ek Syne is soos Kim Walker sing in haar liedjie Rooftops.

Dis vir my vreemd dat almal nie voel soos ek voel nie. Dis dan so logies, eenvoudig en voor die hand liggend (moes daar nou ‘n handvol koppeltekens ingekom het in die laaste woord of stelling?). Nie te min. Ek reken die Here is besig om almal se prisma’s reg te kry en miskien daarom dat hulle nie noodwendig passievol oorkom vir Sy koninkryk nie.

Sommige staan nog nie op die plek waar die lig skyn en op die regte plek val nie. Hulle is naby maar nog nie daar nie. Ander prisma’s is nog al die pad in hul boksies waarin hulle hulself, of dalk selfs God, geplaas het dat die lig net nie hulle bereik nie.

Waar staan jou prisma? Vang jy God se lig op? Het jy al die Here uit die boksie gehaal waarin jy Hom probeer plaas? Laat jy Hom toe om IN jou te werk sodat Hy DEUR jou kan werk ook? Hoe lyk jou Vrug van die Gees en jou Geestelike gawes? Doen jy waarvoor God jou op aarde geplaas het?

Ek hoop en glo dat ek doen. Ek kry dit nie altyd reg nie maar ek glo dat my Prisma regstaan om God se lig terug te weerkaats vir die wêreld, sodat Hy IN my kan werk en dan DEUR my werk soos en wanneer dit nodig is!

The Prism
Posted on Leave a comment

Die koffie, die sentimeters, die oefening en alles tussen in.

Maandagoggend staan ek op. Moeg, soos altyd voel dit, en sleep weer myself om te gaan sit voor die rekenaar. Ek sukkel om aan die gang te kom. Voel oorweldig deur als wat moet gebeur. Veral Maandae voel vir my kort. Ek sukkel gewoonlik na ‘n naweek om weer te werk en soms kort ek ‘n naweek na ‘n naweek om te recover van die besig wees die twee dae voor dit.

Terwyl ek my grimering doen gaan daar, wat voel soos 1 miljoen goed, deur my gedagtes alles op dieselfde tyd. Wanneer gaan my eie hare nou lekker dik en lank wees soos wat dit was voor die Pandemie (en dalk nog voor my ma se dood)? Wanneer gaan ek weer by ‘n winkel kan instap en net ‘n denim koop en weet hy pas? Sonder dat dit lyk of ek van die kas af ingespring het om in die broek te pas? Hoekom skryf ek ‘n Blog? Baat mense by dit? Spandeer ek genoeg tyd saam met God?

Wat is op my beplanning i.t.v. werk vir vandag en die week wat voorlê? Het ek REGTIG gewig en sentimeters verloor? Jok almal nie vir my nie? Ek kry dan steeds nie ‘n denim wat lekker pas nie. The joys of being an A-shaped body type. Wat as al die koffie wat ek so lekker aan weglê in die winter my eintlik vetter maak en teen al die oefening werk? O genade, ek het BAIE beskuit geëet die afgelope ruk!!! Ek gaan soos ‘n stuk deeg begin uit rys…

Spandeer ek genoeg tyd aan my kinders? Leer my kind genoeg vir skool? Moet ons nie nog iets doen om hom te help nie? Jitte, ek moet seker weer een of ander tyd my hare was, my kopvel jeuk. Ek werk uit in my kop oor die hare was (ja regtig dit kort ook beplanning voel dit vir my). Ek oefen vandag en Woensdag so dit help nie om dit vandag of voor Woensdag te was nie. My dag is kort vandag! Wat gaan ek vir my man kry vir sy verjaarsdag? Ek mis my ma. Ek wonder oor my twee susters en of hulle nou lekker bly. Ek dink dit sal lekker wees om te trek. Of sal dit? Urgh, wie gaan al die uitsorteer en wegsmyt werk doen? Ons gaar dan goed op wat eintlik lankal weggegooi moes wees!!

So gaan daar net nog meer en meer gedagtes deur my en okkupeer my terwyl ek klaar maak om die dag aan te pak. Dit frustreer my om elke dag te moet grimering doen, al is dit net die minimum, dit voel of dit tyd mors. Maar ek loop nie graag sonder grimering nie, ek hou nie van vaal voel nie. Ek hou van mooi maak. Dit frustreer my nog meer om so baie tyd te spandeer om hare droog te blaas. Dit mors ook tyd maar ek lyk soos ‘n leeu wat sy vinger in ‘n prop gedruk het as ek nie dit netjies maak nie.

Ek besef daar hang ‘n effense wolk oor my, iets wat redelik min deesdae gebeur in vergelyking met toe ek jonger was. Ek kan nie vir jou sê wat is die wolk se naam nie, maar hy is daar. Ek gaan aan en werk en doen my ding. Trek aan om te gaan oefen, ry Harties toe, verheug om weer ‘n metgesel in die Mom’s class te hê. Iets wat ek 6 weke laas gehad het. Of is dit nou 8 weke? Die tyd vlieg so verby ek hou nie meer tred nie.

Vir 6 (of 8) weke of hoe lank ookal dit mag wees, oefen ek alleen. My mede moms in die Moms’ class het almal net verdwyn. Net so poof in ‘n oogwink, na die April vakansie, toe is dit net ek. Ek wonder of die wegraping gebeur het wat oefen betref? Is ek die enigste een wat nie die cut gemaak het vir die wegraping nie? Daar was so een of twee keer iemand anders, maar sy het maar besluit om op te hou oefen op die tyd wat ons doen, want sy het altyd werksvergaderings wat gewoonlik nie by hul tyd hou nie en dan mis sy klas.

In hierdie 6 tot 8 weke wat ek alleen geoefen het, wou ek al baie keer moed opgee. Ophou oefen. Ek werk in my kop uit dat ek 2 ure per week spandeer om heen en weer te ry om te oefen. Ek is seker ek kan baie meer in daardie tyd by die huis doen, dalk nog langer self oefen. Yeah right antwoord ek myself in die proses ook. Dis nie lekker om alleen te oefen nie. My kinders is nie daar nie (hul klas is toe tot Augustus toe), al my mede moms is weg, dis net ek en die afrigter. Daar is niks fout met haar nie. Ek ken haar net nie. En sy ken my nie. Die eerste oefening wat sy my laat doen het, het ek gedink Seriously, moet ek nou sulke ligte gewigte optel? Ek kan swaarder.

Ek sê maar toe vir haar dat sy welkom is om my te druk om meer en swaarder te oefen – ek sal sê as ek nie kan nie. Ek verstaan sy het nie ‘n idee waar my fiksheidsvlak is en waartoe ek in staat is nie en daarom dat ons so lig begin het. Soos wat die tyd aangaan, het ek begin gewoond raak aan die alleen oefen, dit eintlik begin geniet. Ek het nog nooit personal training beleef in my lewe nie, en dit was heerlik gewees! So ‘n ou blessing uit God se hand, net sodat ek ook eendag op my CV kan skryf – received personal training (nie dat ek nou sulke goed op ‘n CV skryf nie maar ek is seker jy verstaan wat ek bedoel). Ek het nie eens ‘n CV nie. Anyway MOVING ON!

Dit was asof sy die oefeninge customise vir my en al my probleem areas! Sy forseer my om te draf. Die eerste paar keer gee ek haar so bietjie lip want ek hou niks van draf nie. Maar ek doen dit tog. Ek begin dit eintlik geniet, die drawwery nou – steeds nie MAL oor dit nie maar ek weet dit doen iets vir die doel waarheen ek werk. Al kan ek soms nie een tree voor die ander gee na ‘n rondte se oefening nie, is die draf lekker op ‘n unieke manier. Om kop te kan skoonmaak op ‘n manier en net recover na die harde werk in die WOD.

Na die oefening Maandag, word ek gemeet. Ek sweet alweer op vreemde plekke, soos wat ek gedoen het sedert ek personal training onwillekeurig ontvang het. Marisa is so opgewonde toe sy my eerste mate neem – om my middel. Ek het 8 sentimeter verloor! Ek kyk so na haar en dink eers sy maak ‘n grap. Sy knyp en meet verder op weird plekke wie se name ek nie kan uitspreek nie en skryf alles neer. Ek voel hoe die wolkie begin lig wat oor my kop gehang het – was ek die heeltyd, onbewustelik nervous oor my meting en dat ek eintlik niks sou verloor nie?

Ek ontvang vandag, Donderdag 16 Junie 2022 die resultate. ‘n Totaal van 23,5 cm wat verloor is (dis nou bygesê as ek die regte resultate verdubbel het want ek het twee arms en bene en net een van elk was gemeet). Regtig? Kan dit wees? Ek het dan regtig nie doelbewus ‘n gewigsverlies ding aangepak nie. Ek meen, ek oefen omdat ek graag maerder wil word maar omdat ek vir 2 jaar eintlik nie regtig in my opinie sentimeters of gewig verloor het nie, het ek begin dink ek is maar dan een van daai mense wat maar net oefen om nie dikker te word nie. Ek sal maar Dik-a-licious bly soos my man soms grap en die liedjie van Snotkop sing om my op te beur as ek mismoedig voel oor my gewig.

Met ‘n dankbare hart het ek ‘n ietsie ontwerp om die twee resultate teen mekaar af te speel sodat mens nog beter kan sien waar ek wat verloor het. Ek deel dit graag met hierdie inskrywing. Ek het ook gaan tel oor hoeveel weke dit was sedert my eerste meting tot die afgelope week. Dit was 7 en ‘n halwe weke terug dat ek gemeet het en amptelik by Marisa begin oefen het. Net so tussen ons – ek het nog nooit in my lewe gemeet soos wat sy my gemeet het nie – dis alles ‘n nuwe konsep vir my. In die tyd het ek nie altyd 2x per week geoefen nie a.g.v. vakansie dae en ‘n seer keel, varkgriep, bronchitus en wie weet wat nog wat ons terug gehou het sodat ek en Marisa nie kon oefen nie.

Ek is in my hart oortuig, as ek beter geëet het en 2x per week geoefen het in die tyd, dat die resultate nog meer sou wees. Ek is super opgewonde vir die reis wat voorlê. Uiteindelik voel dit vir my of ek op die regte pad is. Ek drink steeds my koffie, ‘n volroom melkkoffie nogal en meer as een per dag. Ek het wel gesny op dit, stysel inname in die week en leë kalorieë in die vorm van sjokolades, sout happies, skyfies, en so meer. Ek moet nou net weer doelbewus werk aan my beskuit inname. Liewe hemel maar ek is lief vir beskuit saam met ‘n heerlike volroom melkkoffie!

Ek dink nie ek is al DAAR wat kos aanbetref nie! Ek weet ek kan beter. Met die Here se hulp en leiding kan ek verseker nog meer verbeter. Maar, ek voel in my hart dat ek klein veranderinge moet doen oor ‘n tydperk, lifestyle changes jy weet? Eerder as massiewe aanpassings op een slag. Ek kan net nie cope met te veel verandering op een slag nie. Elke dag se bietjie elke dag.

Twee maal per week oefen vir langer tye het tog ‘n goeie resultaat! Ek kan nie vyf dae ‘n week oefen soos ek graag sou wou nie. Soos wat ek hier afsluit, besef ek, dat die Here een van my hartsbegeertes laat waar word het, sonder dat ek heeldag en aldag oor dit geneuel het by Hom. Ek het so ‘n paar jaar terug met leep ogies gekyk hoe ‘n vriendin haar gewigsverlies resultate op Facebook geplaas het, die Groot T-hemp teen die grootte wat sy nou dra afgeneem het. In verwondering gestaan, tien teen een terwyl ek weer ‘n stuk beskuit in my mond geprop het en glad nie geoefen het nie.

Ek kyk weer na my opskrif vir hierdie inskrywing. Ek grinnik by myself. Ek reken ek het oor alles tussen in ook gepraat. Ek besef net opnuut dat God in die detail is, soos altyd. Hy weet wat Hy vir ons beplan. Planne van voorspoed en nie teëspoed nie. Al is dit iets onbenullig soos om fikser te word, gewig te verloor, ferm te word. Iets wat ek altyd gesê het ek EENDAG sal doen. Wel, my EENDAG het gearriveer en dit was ook omdat ek iets daadwerkliks omtrent dit begin doen het en nie aanhou sanik het met ‘n sjokolade in die een hand en ‘n Coke in die ander hand nie, dit alles terwyl ek glad geen oefening ingekry het nie.

The coffee, the centimeters, the exercise and everything in between.
Posted on Leave a comment

Werke in die wolke…

Hierdie maand se skrif vers kom uit Spreuke uit. Dis vir my so interessant, dog nie verbasend nie, dat die skrifverse vir elke maand op die desk pad kalender, so van toepassing is (of is dit nou was?) tot dusver.

Laat jou werke aan die Here oor, dan sal jou planne uitgevoer word. Ek het al baie gedink hieroor en wat dit nou eintlik beteken. Dankie tog ek het ‘n bybel toepassing (fêncy woord vir application) op my foon wat verskillende vertalings kan vergelyk. Ek gaan lees hom in die Amplified weergawe.

Daar gaan ‘n beter en helderder liggie vir my aan toe ek dit in hierdie weergawe lees. Die interpretasies in hakkies langs elke deel in die skrif vers verduidelik dit so bietjie beter voel ek. Jy sien, dit sê nie jy moet agteroor sit en niks doen nie. Jy moet nie sit en wag vir jou spreekwoordelike skip om in te kom nie (om later agter te kom jy was die heeltyd by die lughawe of treinstasie terwyl jy eintlik by die hawe moes wees nie). Of wag vir die tyd om reg te wees nie.

Nee, glad nie. Jy moet jou werke, dit wat jy doen, voor die Here se voete plaas en dit aan Hom toevertrou. Jou planne en werke sal deurgevoer word wanneer jy aan Sy wil onderdanig is en na Sy leiding in jou lewe luister.

Ek het Mei maand baie gewonder oor iets (wat ek gevoel het die Here op my hart geplaas het om te doen) en moet ek of moet ek nie. 30 Mei 2022 ontvang ek ‘n video van iemand via Whatsapp. Ek kyk hom nie dadelik nie, want dit het in werkstyd gearriveer en ek moet mos nou werk in daardie tyd, nie Whatsapp video’s sit en kyk nie. So gaan die dag verby en ek vergeet skoon om die video te kyk.

Daardie aand, seker so 7 uur, ontvang ek presies dieselfde video van ‘n vriendin af wat nie die ander persoon wat dit die oggend vir my gestuur het ken nie. Daar was geen manier dat my vriendin enigsins kon weet dat ek dieselfde video ontvang het vroeër die dag nie. Maar die Here het wel dit geweet. Jy sien, ek het gebid en gevra vir ‘n teken vir dit wat ek voel Hy op my hart geplaas het om te doen.

Toe ontvang ek dit op ‘n heeltemal ander manier as wat ek verwag het. Ons is soms so narrow minded en wil soos Gideon ons presiese antwoord en teken van God te ontvang soos ONS dit wil hê en dink dit moet wees. Die inhoud van die video? ‘n Prokureer wat getuig hoe hy op ‘n klein vliegtuig gevlieg het saam met ‘n vliënier wat bewusteloos geraak het toe hulle in die wolke in gevlieg het.

Lang storie kort, hy en die ander passasier in die vliegtuig kry toe ‘n beheertoring in die hande deur die radio en daardie persoon het hulle gelei in die wolke, hulle gewaarsku teen ‘n berg waarin hulle sou vasvlieg as hulle nie van koers verander het nie. Dit was vir my so profound gewees om dit te hoor. Want dis presies hoe ek voel in my lewe.

Dit voel of ek in digte wolke vlieg, onseker waarheen ek oppad is met Beroepsvrou. Ek weet wel dat ek na my instinkte moet luister want my instinkte kom van die Here af. Hy is besig om my te lei. Toe ek twee dae later die skrif vir Junie lees op my desk pad, staan ek net in verwondering. Oor God en hoe groot Hy is. Hoe sou ek enigsins laas jaar geweet het, toe ek die desk pad se skrif verse randomly toegeken het aan elke maand, dat die een vir Junie perfek sou wees vir wat in my lewe gebeur?

Sommige dae voel die wolke digter as ander. Ek weet net ek moet na my Beheertoring se stem luister. Hy kan alles sien. Ek kan skaars drie treë voor my sien. Al maak dit wat ek moet doen nie noodwendig sin op daardie oomblik nie, weet ek net dat as ek dit nie doen nie, ek in ‘n berg sal vas vlieg.

Ek kan nie die Persoon in die beheertoring sien nie. Maar ek kan na Sy stem luister, Sy instruksies volg, ongeag wat besig is om te gebeur om my. Ongeag of dit voel of daar nog meer digte wolke besig is om in te beweeg. Dit sluit vir my so mooi aan by die maand se skrif. En laat my net weereens besef HOE GROOT God is!

Laat jou werke aan die Here oor, dan sal jou planne uitgevoer word. Vertrou Hom. Luister na Hom. Al maak goed nie sin nie. Al gooi die lewe curve balls na jou toe wat jy nie verwag nie. Die Here is reeds in môre en volgende week en volgende jaar. Hy weet wat gaan gebeur. Soms laat Hy goedjies in plek val sonder dat jy besef wat besig is om te gebeur.

Tot my grootste frustrasies by tye gebeur dinge wat ek nie altyd verstaan nie. Maar dis in hierdie situasies wat ek die Here moet vertrou en na Sy stem moet luister, Sy instruksies volg, hoe vreemd dit ook al mag klink en lyk vir my en die om my. Soos wat die wolke in rol, klink dit of my frekwensie by tye krapperig raak en ek nie die Beheertoring lekker duidelik kan hoor nie.

Ek verstel dit deur die Bybel te lees en God se hand in goedjies en daaglikse bybel verse te soek. God is in the detail. Ek gaan sit en blog want dan is dit asof my frekwensie weer reg gestel word en ek beter kan hoor. Soos wat ek afsluit, weet ek net binne in my gees, dat die besluit wat ek tog wel geneem het na die video wat ek ontvang het, die regte een was.

Die wolke kom steeds in en die duiwel probeer die Stem stil maak met distractions maar ek weet wat ek moet doen. Dit is wat dit is, dis my bestemming, my bestuuring. Die plek waarheen my (en ons as gesin) se lewens oppad is. Ek bid maar net vir min turbulensie en dat ons nie naar sal raak soos wat ons deur alles gaan nie en dat ons wel sterker aan die ander kant sal uitkom (soos wat ons maar altyd doen wanneer ons deur dingetjies gaan in ons lewens). Ek maak seker dat my radio se frekwensie reg is, voordat ek die volgende deel van die vlug, in wat soos digte wolke voel, aanpak.

Working in the Clouds…
Posted on Leave a comment

Die etiese opleiding – maand 4 (‘n maand van refleksie)

Terug by my opleiding, wat ek so hard probeer om op te vang (net so tussen ons). Gedurende April, dis nou my maand 4 van die joernaal inskrywings, het ek nie by my daaglikse 5 tot 10 minute take uitgekom om aan te hou met dit wat ek so hard voor gewerk het om op datum te (probeer) hou nie…ek het ALWEER agter geraak!

Die joernaal inskrywings maar aan die min en dun kant, so te sê. Op 25 April 2022 (let op hoe ek onmoontlike datums en tye kies om goed te doen – ek wonder baie of dit deel is van my persoonlikheidstipe volgens Tall Trees…?). Goed so terug by my sin, op daardie datum besluit ek dat ek MOET tyd maak om net weer op te vang met alles wat verwag en vereis word. Nadat ek die derde dag se inskrywings gedoen het (alles in een dag) besef ek hoe baie ek hierdie deel van die kursus gemis het – die joernaal inskrywings en om my gedagtes aan die gang te kry.

Op hierdie tydstip, voel ek soos ‘n epic fail soos die kinders sal sê wanneer dit kom by my voortdurende etiese opleiding, want niks van dit voel vir my voortdurend nie. Ek voel of ek alewig besig is om goed op te vang wat agter geraak het! En nou gebeur dieselfde WEER met hierdie opleiding….

Ek het nie eens tyd om hierdie stuk te skryf soos ek normaalweg doen wanneer ek voel of inspirasie aan die voordeur klop nie. Dit was net BESIG tussen kinders, werk, skool en net om te cope met die kouer weer….om aan te pas met die koue voel of dit al my energie tap, want dis wragties nie meer maklik om vroeg op te staan nie.

Die keer besluit ek om maar ‘n paar nota’s in ‘n boek te skryf, soos wat hulle hul opwagting maak in my gedagtes, net om seker te maak ek vergeet nie wat ek wou sê en skryf nie. Ek het ook bedoel om die artikel al 3 weke terug te skryf en nie nou eers nie (eintlik seker vroeër maar in elkgeval). Wat ek nou sien besig is om te gebeur, niks met etiese opleiding uit te waai nie, maar eerder my blog en alles wat met dit saam gaan, is dat ek notaboeke ORAL het!! Ek probeer een gespesifiseerde notaboek gebruik vir die blog inspirasie wat ek probeer orden.

Maar ek het ‘n paar wat rondlê waarin ek verskillende nota’s maak (verskillende notaboeke vir verskillende dinge). Soort van orde maar ook seker nie regtig nie. Vir enige buitestaander sal dit soos chaos voorkom, maar ek weet wat daar aangaan. Vir hoe lank is ‘n ander vraag vir ‘n ander dag. Dis asof ek hierdie oormaat idees en woorde het wat net moet uit kom en in een of ander orde geplaas moet word.

Baie dae wonder ek hoe dit sou wees as skryf my day job was. Sou ek dit so bevredigend gevind het soos nou of sou ek meh oor dit gevoel het, soos ek soms in druk tye voel oor my day job? Liewe aarde, daar verloor ek weer heeltemal die punt wat ek wou sê!

Goed, so terug by die joernaal inskrywings – soos wat ek deur die prompts (by gebrek aan ‘n beter Afrikaanse woord) werk vir maand 4, besef ek dat dit ‘n maand is om oor te reflekteer. Reflekteer oor gedagtes, standpunte en net goed. Van die daaglikse prompts was soos ‘n tongue twister vir my! Soos die van dag 13. Your talk talks and your walk talks, but your walk talks louder than your talk talks. Sê dit nou 3 keer vinnig…

Ek het ook besef dat hierdie joernaal inskrywings wat saamgestel en ingesluit is in hierdie etiese opleiding, is nou nie vir almal nie. Mense sal dalk selfs sê Dis vir die voëls en ek is nie ‘n voël nie. Ek weet ek het self gefrons aan die begin toe ek dit sien. Ek het by myself gedink HOE gaan DIT my help? Wel, ek was verkeerd en het later besef dat hierdie journal prompts (wat eers by maand 2 begin as ek nou reg onthou) eintlik maar net goed is om jou gedagtes aan die gang te kry….om anders te begin dink oor die lewe.

Soooooo….hopelik sal ek bietjie kan opvang op die gebied vir die volgende paar maande van maand 5 tot 7 toe, alles in een maand EN hopelik opvang op die opleiding videos en assesserings sodat ek kan klaar maak in die maand waarin ek veronderstel is om klaar te maak. Ek moet sertifikate as bewyse hê dat ek wel deurlopende etiese opleiding gehad het gedurende die jaar….(almal is nie veronderstel om op een dag uitgereik te word nie).

Ek weet ek sê dit elke maand en ek hoop regtig dat ek ‘n gaping gaan vind tussen die sperdatums en afteken van finansiële state, oudits en wie weet wat nog alles aan die gang is werksgewys. Nie eens te praat van al die balle wat ek in die lug probeer hou wat familie en kinders aanbetref nie….tot ek weer skryf oor die volgende maand se ervaring….tot dusver was dit ‘n baie bevredigende reis gewees, selfs al neem dit soms baie tyd om op te vang wanneer ek agter geraak het, iets wat my baie frustreer, maar, dis die lewe seker….?

The Ethics training – month 4 (a month to reflect on)
Posted on Leave a comment

Die dae van die week…

Terwyl ek verby ‘n plaaslike winkel stap die ander dag, sien ek ‘n advertensie die venster (een van mense wat oefen, maar wat eerder die fiksheidshorlosie adverteer as die oefening wat die mense doen) wat lees There are seven days in a week and someday isn’t one of them. Dit was vir my catchy en waar. Ek voel egter ek kan byvoeg tot dit – ONEDAY is ook nie een van die sewe dae van die week nie.

Die slagspreuk het my laat dink, my geforseer om my foon uit my handsak te ruk soos wat ek by die Clicks instap, net om ‘n nota hiervan te maak sodat ek kan onthou waaroor dit was wat ek wou skryf. Dis die ding met my en skryf – inspirerende idees kom op die onmoontlikste tye voel dit en as ek die nie kruks van dit waaroor ek wil skryf vasvang op daardie presiese oomblik nie, vergeet ek wat dit is wat ek wou skryf!

Iets wat ek gereeld sê is “Eendag”. My Sister-from-another-Mister aka Dora ken die sê-ding van my al te goed. Ek sal rond loop en mompel vir haar “Oneday Dora, oneday….” dan sit ek die gesprek voort. Sy lag altyd en reageer deur te sê “Yes Elsie, oneday…” en dan gaan ons weer ons gang en doen ons werk.

Voor ek die advertensie met die slagspreuk gewaar het, onthou ek van ‘n strokiesprent wat ek voorheen gesien het. Iets waaroor ek vir ‘n geruime tyd al wou skryf. Die slagspreuk van die advertensie het my net geinspireer en my aan die gang gekry om die stuk te skryf. Wat ‘n storie was dit om die strokiesprent te vind! Ek het hom darem opgespoor en sluit hom in by die stuk. Dit is vir my, die beste uitbeelding van procrastination en uitstel van iets wat jy WEET gedoen moet word.

Daar is nie verniet ‘n slagspreuk wat lees Van uitstel kom afstel nie, en dis so waar!! Hoekom wag ons voor ons begin om die beste weergawes van onsself te wees? Waarvoor wag ons? Hoekom wil jy wag vir jou werk om minder demanding te wees voor jy begin met oefening? Hoekom wil jy wag tot jou kinders groter is voor jy ‘n nuwe projek of geleentheid aangryp wat jou kant toe kom?

Hoekom wag ons? Soms dink ek dis die vrees vir die onbekende. Of dalk die vrees vir die bekende? Vir jare het ek gebid en God gevra om my asseblief, groot asseblief, LIEF te maak vir oefening. Wel, laat ek jou vertel, ek het al soveel keer begin en opgehou met oefening, ek het al telling verloor. Dit was seker vir omtrent 10 jaar, van my laat 20’s tot middel tot laat 30’s wat ek hierdie ding gehad het dat ek Eendag gaan oefen.

Raai wat het gebeur? Eendag word ek wakker en besef dat ek amper 40 jaar oud was! So WANNEER gaan ek begin? As ek nie Eendag ‘n deel van my plan maak en deurvoer nie, gaan dit nooit gebeur nie. So, om terug te kom na die vrees van die (on)bekende. Ek WEET hoe dit voel om vir die eerste keer te oefen, na jy vir ‘n lang ruk niks gedoen het nie.

Daai gevoel SUCK laat ek jou vertel. Dit voel of ‘n trein jou getrap het terwyl jy die Comrades gehardloop het, alles in een. Ek dink dit was wat my terug gehou het vir so lank. Die ander ding vir my, wat ek wil bemeester, is om gesonder en beter te eet. Oh man ek is net te LIEF vir kos!! Soms voel dit vir my of ek die hele yskas kan opeet, net omdat ek cravings het. Ons kan maar dit erken – ons ALMAL het cravings een of ander tyd in ons lewe.

Dan begin ek gewoonlik kla ek is vet, soos in die strokiesprent. Dan besluit mens om ‘n keuse te maak om beter te eet en ‘n dieët te volg (iets wat ek eintlik nog nooit kon doen nie, in elkgeval, so ek probeer nie eens nie) en wanneer Maandag arriveer, die dag wat jy nou MOET gesonder eet, is jy gewoonlik nie lus nie.

En dis bloot omdat jy WEET hoe dit gaan voel. Vir 21 dae sukkel jy, cravings galore, word getempteer met allerhande ongesonde lekkernye, en so meer. En dan Eendag staan jy op en jy besluit DIS DIT en jy begin deur klein veranderinge te maak. Nie groot massiewe veranderinge nie, en, wanneer jy terug kyk, dan sien jy die vordering wat jy gemaak het, terwyl jy nog in die proses is, alles terwyl jy dit net eendag op ‘n slag vat. Soms voel mens verby moedeloos, lus om moed op te gee, want jy voel net jy kan nie aangaan nie.

Wat dit ookal is waarmee jy sukkel (hierdie is maar net twee van my goedjies waarmee ek sukkel, maar, wat ek beter bestuur as toe ek jonger was), is al raad wat ek vir jou het, JUST DO IT. Begin net. Moet nie prokrastineer nie. Jy sal jou lewe verby prokrastineer en dan Eendag word jy wakker, 20, 30 of selfs 40 jaar van nou af, baie ouer as wat jy nou is, met hope verwyt omdat jy vir so lank uitgestel het.

Moet nie deur die lewe gaan met die gedagte om Volgende Maandag of Eendag te begin nie! Begin vandag! What are we?? Fat!!!!!! Doen iets omtrent dit wat jou vet en onwaardig laat voel (spreekwoordelik gesê ook – nie net fisies nie) en verander dit. My motto is om die beste weergawe van myself te wees, elke dag. Ek kry dit nie elke dag reg nie, maar ek probeer wel bitter hard! Just do it!

The days of the week…
Posted on Leave a comment

Want Ek weet…

Met ‘n ongelooflike dankbare hart, skeur ek Arpil (jip jy lees reg met ‘n spelfout) se bladsy af en gooi die GROOTSTE FOUT in die asblik. Waarvan praat ek? My desk pad kalender, deel van die Pienk Vere reeks wat ek ontwerp en verkoop het.

April se bladsy het woes gelyk. Omgekrul aan die een kant en vuil gesmeer soos dit maar aan die einde van elke maand lyk by my. My nota’s blok was die maand vol geskribbel.

Interessant hoe ek vir jare sonder een gewerk het en nou amper nie sonder dit kan funksioneer nie. Elkgeval. Terug by Mei maand se skrif en inskrywing.

Dit is seker een van my gunsteling verse. Die een vir Mei. Waar die Here sommer so direk met elke mens praat. Nie net sekere mense nie. Almal. Sy volk. Hy weet watter planne Hy vir ons koester.

Dit maak my kinderlik opgewonde, al voel ek soms gefrustreerd met goed en hoe die lewe werk. Ek weet wel dat die Here se planne vir my VOORSPOED is en nie teëspoed nie. Al voel dit soms meer soos teëspoed as voorspoed.

Ek wonder baie oor die bybelvers en wat die Here eintlik met dit bedoel. Voorspoed op aarde of voorspoed vir die res van ons lewens, na die dood ingesluit?

Ek dink dis van beide. Terwyl ons ‘n oogwink op aarde is en dan ook die oneindige ewigheid na ons tyd op aarde. Jy sien, ons dink dalk dat ons nou suffer omdat ons nie alles het wat ons wil hê nie en omdat dinge gebeur soos dit doen.

Maar ek besef opnuut, dat ons eintlik moet uitsien om te sterf ook. Die tyd ná ons tyd op aarde kan nie anders as om voorspoedig te wees nie. Ons gaan dan Hemel toe. Na Hom toe. Ek sê nou nie almal moet soos Depressie Hessie rondloop en mor en mompel oor alles hier en eintlik maar net wag om dood te gaan nie (soos my ouma-grootjie my altyd geantwoord het as ek haar gegroet het nie – dis ‘n storie vir ‘n ander dag).

Nee! Leef voluit! Spreek aan dit wat aangespreek moet word in die Gees en eis dit wat geëis moet word. In die proses moet jy vir mense wys wat dit is om ‘n ware Christen te wees. Hulle help om uit te sien na die voorspoedige planne van God af. Soms is ons as Christene so dik-bek (by gebrek aan ‘n mooier meer ordentlike woord) dat mense wat nie Christene is nie, net een kyk vir ons gee en dan by hulself besluit “Nee dankie! As dit is hoe ‘n Christen lyk wil EK nie een wees nie!”

Ek het eers iets anders hier getik, heeltemal van die onderwerp af en besluit toe om dit uit te wis (hoe is dit vir pragtige Afrikaans?) en eintlik net meer te fokus op dit wat die Here in my hart vir my sit oor die vers. Interessant hoe maklik en vinnig mens eintlik distracted kan raak met dit wat die Here vir jou wys en dan begin jy die leuen glo…

Die Here WEET ALTYD BETER. Lees dit weer. Al voel dit hoe en wat en waar in jou lewe, glad nie soos JY beplan het dit moet wees nie. Wees gerus. Die Here weet beter. Ons as mense is ALTYD net daar waar ons moet wees. Die Heilige Gees het ook gefluister vir my, soos wat ek loop en dink oor die inskrywing, dat ons as mense, ons hoop, geluk en toekomsplanne eerder op mense plaas as Hom.

Ons geluk, tevredenheid met die lewe, en soveel ander dinge, word bepaal deur mense – so dink ons en gaan ons deur die lewe. Die mense is soms onsself en soms ander mense. Maar eintlik is dit so ‘n wan-persepsie – dat ons eers gelukkig sal wees as dit en dat en die volgende gebeur….

Soms vertoef ons langer in situasies, want ons slaag nie die toets nie. Ons val hook, line and sinker weer vir wat ookal ons uitdagings is. Ons moet leer om te luister, Hom te vertrou en dat Hy vir ons sal gee dit wat ons nodig het en wanneer ons dit nodig het.

Ons verstaan nie altyd hoekom goed nie uitwerk soos dit moet nie. Maar as ek terug kyk, kies ek om God se hand te sien in alles. Dankbaar te wees vir my eie persoonlike groei in die proses. En dan aan te hou vorentoe kyk en te wag vir Sy perfekte tydsberekening. God is always terribly on time.

Die fluistering in my gees hou aan… Ek weet…. (klem op die Ek in die sin – dis nou die Here wat hier praat as jy dalk nie volg nie) nie Sannie weet of enige ander naam wat jy aan kan dink nie. Nee, die Here spreek hier, in die eerste persoon is dit? Want dis HY wat weet. Soos met April se skrif vers dink ek nie hier gaan hoofstukke en hoofstukke wees oor die skrif nie.

Nee, dis so eenvoudig soos dit. Vertrou Hom want Hy weet watter planne Hy vir my en jou koester. Planne van voorspoed en nie van teëspoed nie. Planne om my en jou ‘n hoopvolle toekoms te gee. Hoopvol. Hou aan met glo, droom en hoop hoor ek die Heilige Gees se fluistering in my binneste…

For I know…
Posted on Leave a comment

“Worrier” of “Warrior”… watter een is jy?

Die opskrif is in Engels, bloot by gebrek aan ‘n soortgelyke standpunt in Afrikaans…maar terug by wat ek wou sê – die ander dag het ek ‘n Bybel plan gelees op my foon (in Engels), waar hulle iets gepraat het van ‘n worrier. Dit het my laat dink. Soveel so dat ek HEELTEMAL vergeet het om die artikel klaar te lees!

Terug by om ‘n worrier te wees. Ek het dadelik gesnap wat hulle bedoel en impliseer het. ‘n Worrier is iemand wat konstant bekommerd is, dag in en dag uit. Toe begin ek hierdie gesprek met die Here, soos ek altyd maak.

Ek kan nie onthou wat ek van my kant af gesê het nie, maar toe ek sê Worrier, kry ek, so te sê onmiddellik ‘n teen-aanbod, van die Heilige Gees af. Ek kry toe die woord Warrior. Nou wanneer jy beide hardop sê, klink hulle dieselfde maar hul betekenisse is so wyd versprei van mekaar. Ons noem dit mos homofone in Afrikaans doen ons nie?

Natuurlik was dit alweer ek en tannie Google. Die eerste poging om die prentjies vir die woorde op te soek was ‘n ramp en ek was amper in sak en as oor die stuk wat ek wou skryf, want dit sou nou voel of die inskrywing ‘n lugleemte in het. Gelukkig probeer ek weer en kry toe dit waarna ek soek.

Die prentjies was ‘n uitdaging. Maar, ek het gevind, wat ek voel, die idee wat in my kop was korrek deurgee. Nou dit bring my by die volgende vraag – watter een is jy? ‘n Worrier of ‘n Warrior? Jy sien, ek dink nie God het ons geroep om worriers te wees nie. Hy het ons geroep om warriors te wees.

Vir diegene wat dit nog nie weet nie, ons as mense, is in ‘n geestelike oorlog sedert die begin van tyd. Efésiërs 6 vertel ons meer oor dit en wat ons moet doen om staande te bly. Hoe meer ek dink oor die skrif in die Bybel van die wapenrusting van God (tipies wat ‘n warrior dra as hy oorlog toe gaan om te gaan baklei), hoe meer maak dit sin hoekom Paulus dit so verduidelik het.

Die helm van verlossing – ons moet ons gedagtes beskerm. Wat ookal in ons gedagtes aangaan, gaan ons karakter begin verander… die duiwel is konstant besig om ons gedagtes te probeer oorneem, want dis al wat hy kan doen.

Borsharnas van geregtigheid – hierdie is my gunsteling deel van die wapenrusting (as mens nou ‘n gunsteling kan hê). Dit is waarvoor ek staan en wat God my gewys het die voorskote, wat ek op my aanlyn winkel verkoop, ook beteken. Bewaar jou hart. Wees altyd righteous (dit klink net beter in Engels hier), opreg en nie vals en misleidend nie.

Skild van geloof – wat anders kan die leuens van die duiwel (wat hy daagliks vir ons vertel) afweer? Ons moet vertroue en geloof hê in God en dat Hy sal deur kom vir ons en dat Hy vir ons is. Swaard van die Gees van God (die Bybel) – as ons die waarheid WEET wat in die Bybel vervat is, kan ons enige leuens en aanvalle wat na ons gegooi word vernietig. Onthou – die karakter van die duiwel is dit van ‘n leuenaar. Hy sal jou bombardeer met missiele genaamd LEUENS. In die hoop dat dit jou hart sal tref en jou in ‘n miljuisend, onherstelbare stukke sal breek.

Gordel van die waarheid – o my jitte. Die is GROOT. Hoeveel keer ‘n dag vertel mens halwe waarhede? Halwe waarhede is LEUENS! Moet nie vir die kliënt vertel dat jy reeds met iets begin het as jy nog nie eens die leêr uit die kas gehaal het nie. Van die onderwerp af – ek het eenkeer vir iemand gewerk, in ‘n korporatiewe omgewing. Sy het eenkeer vir my gesê ek is te eerlik. Regtig? Kan iemand TE EERLIK wees? Is dit nie wat God van ons verwag nie? Om altyd die waarheid te praat nie?

Skoene om die bereidwilligheid van die evangelie van Jesus te verkondig. Sjoe, ek raak altyd uitasem as ek dit sê en lees. Nou die is ook een van my gunstelinge! Eintlik die hele wapenrusting, maar die een staan ook vir my uit. Wat doen jy wanneer jy oor hierdie aarde wandel, om die woord van God te versprei? Wys jou dade EN woorde dat jy ‘n kind van God is? Of sê jy een ding en doen jy ‘n ander wat mense laat twyfel oor jou en jou verhouding met God?

Kan mense sien dat jy ‘n kind van God is sonder dat jy veel praat? Vertel jy vir hulle wat Hy vir jou gedoen het? Is jy besig om jou getuienis te gee van hoe Hy jou lewe vir die beter verander het? Of doen jy ‘n skelm deal onder die tafel, kontant, sodat niemand BTW hoef te betaal nie? Of gee jy jou woord vir iemand dat jy iets sal doen en kom dit nie na nie? Of is jou prioriteite verkeerd? Gaan hou jy luukse vakansies terwyl jy die wêreld geld skuld? Of spandeer jy soveel meer tyd met ander mense en skeep jou huisgesin af?

Dit daar gelaat want ek is seker dis ‘n debat vir ‘n ander dag….maar…het jy agter gekom dat jy niks op jou rug sit nie? Het jy al daaroor gewonder hoekom dit so is? Ek het! Dit is omdat God ons van agter beskerm. So watter een is jy? ‘n Worrier of ‘n Warrior? Wat kies jy vandag? Gaan jy toelaat dat die duiwel jou bombardeer met leuens terwyl jy worry en in ‘n hoekie sit? Of gaan jy reg staan vir die oorlog soos ‘n ware warrior?

Worrier or Warrior…. which one are you?